JOU DAG

Streef daarna om abstrakte idees in konkrete projekte te omskep.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die diereriem se dag van buitensporige woema gebore, dus is jy kleurryk en kan jy nie maklik geïgnoreer word nie. Jy moet vanjaar minder praat, meer doen en dit wat jy begin het, voltooi.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy wil dinge op jou manier gedoen hê en boonop moet dit dadelik gebeur. Stadig oor die klippe en wees meer geduldig en skerpsinnig in jou oordeel van mense en situasies. Dit sal op die lange duur hope tyd spaar.

BUL, 21 Apr.-21-Mei

Enkellopendes, moenie tevrede wees met die naasbeste nie. Jy moet die selfvertroue hê om te wag tot jou sielsgenoot opdaag. As jy in ’n verhouding is, is dit hoog tyd dat jy meer romanties raak en aandag gee aan jou maat.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Moenie tot haastige gevolgtrekkings kom en aanneem jy weet wat jou geliefdes dink nie – jy is moontlik baie ver van die kol af. Sommige alleenlopers sal betrokke raak by ’n geheime – en ingewikkelde – romanse.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Roetine-verantwoordelikhede kan jou onderkry en jou van ’n wegbreek laat droom. As jy met ander mense saamwerk, sal jy belangrike take aansienlik vinniger voltooi.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

’n Sake-idee wat as ’n vae droom begin het, het beslis potensiaal. Dit is egter nie nou die tyd om ’n onafhanklike Leeu te wees nie. Jy sal die samewerking van ander mense nodig hê om dit ’n werklikheid te maak.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dit is hoog tyd om jou doelwitte vir die toekoms te hersien. Is dit groot en duidelik genoeg? Moenie alte veilig en redelik wees nie. Die sterre moedig jou aan om so intuïtief en geïnspireerd as moontlik te wees.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die tyd is reg om kreatiewe projekte en spirituele ondernemings na te jaag. Daar steek meer in ’n familie-aangeleentheid as wat dit op die oog af lyk, dus moet jy ekstra deernis betoon aan ’n geliefde wat jou hulp nodig het.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Romantiese, familie- en sakeverhoudings word vandag belig, dus moet jy soveel moontlik haal uit die positiewe astrologiese gees. Sosialisering met geliefdes sit ’n huppel in jou stap en ’n glimlag op jou gesig.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy voel rusteloos. Moet egter nie haastig wees nie. Die sterre moedig jou aan om ’n kollega by die werk, ’n intieme vriend of familielid wat steun en leiding nodig het, te help.

STEENBOK, 22 DeS.-20 Jan.

Wat ’n kind, tiener of intieme vriend betref, kan dit voel asof jy een tree vorentoe gee en twee treë terug. Moenie moed verloor nie. Die verhouding sal stadigaan verbeter as jy dit net ’n kans gee.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Alle soorte kommunikasie verbeter vandag, aangesien die sterre die verwarrende uitwerking van Mercurius, wat in trurat is, tydelik versag. Sê dus presies wat jy moet sê terwyl jy die kans het.

VISSE, 20 Feb.-20 MRT.

Jy kan groot bevrediging put uit werk in jou plaaslike gemeenskap. Moenie te veel hooi op jou vurk laai nie. Sê duidelik wat jy kan en nie kan doen nie en moenie bang wees om nee te sê nie.