JOU DAG

Die Maan se trigoon met Pluto verskerp emosies.

AS JY VANDAG VERJAAR

Slaan spanning hok en sorg probleme kry jou nie onder nie. 2017 is die jaar om meer ontspanne te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Vurige emosies kan jou noop om woorde as wapens te gebruik. Koel af, Ram! Dit verg nie veel om iets uit te blaker wat seermaak nie; dis veel moeiliker om die skade agterna te herstel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die planete laat jou behoefte toeneem om jou te omring deur kreatiewe en inspirerende mense. Kom dus in aanraking met intieme vriende wat jou hart laat sing. Moet jou net nie laat mislei deur ’n kennis met ’n gladde mond nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Vandag gaan dit maklik wees om jou mond verby te praat, Tweeling, terwyl jy iets onvanpas uitblaker. Dit gaan ook ’n bietjie vinnig dink – en praat – kos om die situasie te beredder.

KREEF June 22-July 23

Weerstaan die versoeking om mense vandag te kritiseer, Krewe – maak nie saak hoe “opbouend” dit is nie. Jy sal baie verder vorder, veral met huismaats en kollegas, as jy liewer prys en aanmoedig.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Wat geliefdes betref, probeer om hulle te vertroetel pleks van baasspelerig te wees. Jou leierseienskappe gaan uitblink, Leeu, stel net ander se behoeftes voorop. En dink voor jy praat.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy is in ’n bui om jou idees te verdedig, maar bly van jou perdjie af voor jy mense beledig. Koel ’n bietjie af, Maagd, en doen liewer ’n bietjie intense oefening!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jou leuse vir die dag kom van die stylikoon Kate Moss, wat op 16 Januarie 1974 gebore is. “Dit klink regtig laf, maar ek dink as jy binne mooi is, sal dit vir seker ook buite wys.”

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

’n Uitgelate kind, tiener of hegte vriend(in) kan vandag skoorsoekerig wees; dit gaan jou fyn diplomatieke vermoëns kos om die vrede te bewaar. Sterkte, Skerpioen!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Impulsiewe woorde of oorhaastige optrede kan jou vandag in die sop laat beland – veral tuis. As eers goed nadink voor jy iets sê, sal dit jou uit ’n penarie hou!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die huidige planetêre patrone moedig jou aan om jou kreatiewe sy uit te druk. Kry inspirasie van jou mede-Steenbok, die aktrise Diane Keaton: “Ek wil aanhou uiting gee aan my kreatiewe vermoëns tot ek die dag nie meer daar is nie.”

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Wat werk, sake of geld betref, weerstaan die behoefte om vandag onbesonne op te tree, Waterdraer. Jy wil graag die yster smee solank dit nog warm is, maar sien jy werklik die geheelbeeld?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is vandag fyn ingestel op ander se behoeftes. Moet net nie toelaat dat ’n geliefde jou ompraat om iets te doen wat nie vir jou reg voel nie. Wees getrou aan jou aard.

© Joanne Madeline Moore