JOU DAG

Vandag se sterre bevorder samewerking en koersvastheid.

AS JY VANDAG VERJAAR

Wat jy wil hê, kan verskil van wat jy nodig het. Jy sukkel dalk ook om ’n droom te verwesenlik. Moenie te trots wees om ’n familielid om hulp te vra nie.

RAM 21 Mrt .-20 Apr.

Moenie dink jy kan net instorm en ’n situasie regstel nie. Daar gaan baie dinge agter die skerms aan waarvan jy onbewus is. Maak deeglik seker van die feite voor jy verder gaan.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Venus, jou heersende planeet, is aan die maan gekoppel, dus die tyd ryp om iets te doen wat jy werklik geniet. Verhoudings word ook bevoordeel terwyl jy in aanraking kom met familie en vriende wat ver is.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Terwyl die maan van die Bul na Tweeling beweeg, is dit die aangewese tyd om abstrakte idees ’n werklikheid te maak. Moenie net praat oor idees nie; wees proaktief!

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Vandag se sterre moedig jou aan om praktiese maniere te kry om geliefdes te vertroetel en te ondersteun. Kies jou woorde versigtig wanneer jy met kollegas, klante of kliënte kommunikeer.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Leeus is geneig om tot uiterstes te gaan, maar matigheid en kompromie is vandag nodig. ’n Hardkoppige houding gaan tot te veel wrywing lei – veral by die werk.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Vandag se sterre laat jou selfs yweriger as gewoonlik voel, en dit kan die mense om jou intimideer. Hou dus tred met jouself, Maagd, en laat ander mense toe om teen hul eie pas te werk.

WEEGSKAAL 24 Sept-23 Okt.

Verbonde Weegskale, die maan/Venus-kombinasie is uitstekend daarvoor om jou verhouding te verbeter en dit standvastiger te maak. Alleenlopers, wees op die uitkyk vir ’n langtermynminnaar wat jou uit jou gemaksone sal neem.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Kyk mooi na jou finansies en soek maniere om met ander kragte saam te span vir positiewe resultate. Om na goeie raad te luister is die beste uitweg terwyl jy daaraan werk om oorvloed te manifesteer.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy weet watter take dringend afgehandel moet word en Saturnus sal jou help om dit met vuur en grasie te vermag. Byt dus vas en kom aan die gang. Besigheidsake word spesifiek bevoordeel.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

As jy jou vandag te buite gaan wat finansies betref, sal jy later die prys betaal. Soek maniere – óf persoonlik óf aanlyn – wat nie inkopies insluit nie om jouself op te vrolik .

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Waterdraers kan baie impulsief wees. As jy slim is, sal jy vandag dink voor jy praat en by konserwatiewe, nie-kontroversiële onderwerpe hou. Mik ook om meer geduldig, prakties en produktief te wees.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Met die son en Mercurius wat jou afsonderingsone besoek, moet jy vandag na ’n bietjie vrede en stilte mik. Bring tyd deur op ’n plek waar jy oor jou toekoms kan besin en ook na binne kan kyk.