JOU DAG

Duidelike kommunikasie sal vandag verwarring aansienlik beperk.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n goeie leier en uiters bekwaam. Moet egter nie voel jy moet alles self doen nie. Reik oor die volgende jaar na ander mense uit.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Sommige mense gaan jou emosionele knoppies druk – veral by die werk – maar weerstaan die versoeking om terug te kap met nukkerige buie en manipulerende gedrag. Plaas die situasie in perspektief en gaan voort.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Besitlike optrede is vandag op die spyskaart, tensy jy jou jaloerse sy kan beheer. Onthou net daar is volop liefde vir almal. Vertrou jou instink en deel in die atmosfeer van liefde rondom jou.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dinge kan vandag baie intens raak, dus moet jy seker maak en dubbel seker maak van alle vorms van kommunikasie, anders is ’n irriterende deurmekaarspul en misverstande jou voorland.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Vandag se sterre is gunstig vir die soeke na ’n gesamentlike onderneming met volop passie en doelgerigtheid. ’n Familielid of buurman kan egter onbedoeld jou woorde verdraai of jou bedoelings misverstaan.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dinge by die werk of tuis kan vandag intens raak omdat die maan en Pluto in jou daaglikse roetinesone amok maak. Koel af voor jy dinge uitmekaartrek en kop verloor.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wees vandag ekstra taktvol met ’n uitgeputte kind, tiener of intieme vriend. Anders gaan ’n chaos heers wat kommunikasie betref en gaan julle mekaar se woorde en bedoelings verkeerd verstaan.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Moenie jou kop in die sand steek oor ’n familiesaak nie. Om dit te vermy, gaan dinge net op die langtermyn vererger. Streef daarna om proaktief te wees terwyl jy tot die kern van ’n aanhoudende probleem deurdring.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Betreffende ’n groep, klub of organisasie waarby jy betrokke is, kan dinge vandag ingewikkeld of verwarrend raak met die planetêre patrone wat emosies versterk en onopgeloste kwessies ophaal.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy wil graag mense om jou beïndruk. As jy egter meer aanpak as wat jy kan hanteer, gaan jy ander mense net teleurstel. Markeer jou pas en doen dinge stap vir stap.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Baie Steenbokke gaan in ’n kompulsiewe luim verval, want die maan en Pluto span saam in jul teken. Mik ten alle koste na nul ten opsigte van wat gedoen moet word, maar moenie jou sin vir perspektief verloor nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Waar ’n huidige probleem of misverstand betrokke is, is alles nie soos dit lyk nie. Heelwat meer gaan onder die oppervlak aan as wat die blote oog kan sien, dus moet jy seker maak jy ondersoek alles deeglik.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Neptunis het jou kommunikasie-antenna gesaboteer, veral wat geliefdes of kollegas by die werk betref. Maak seker wat jy sê is in werklikheid wat ander mense hoor.