JOU DAG

Daar is geen verskoning vir oningeligtheid nie – kennis is mag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die mag van jou observasie is indrukwekkend en jy is van nature krities. Wees die volgende 12 maande kalmer en ontspan gereeld.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie te vinnig gevolgtrekkings maak of ander blameer as sake verkeerd loop nie – die enigste mens wat vandag jou pogings kan saboteer, is jy. Maak seker jy doen goed navorsing voor jy begin.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Vandag se sterre is gunstig vir vriendskap, romanse, sport, stokperdjies en gesellige gesprekke. Maar met Saturnus nog vier dae in jou verhoudingsone sal alles nie glad verloop nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die kollig val op kameraderie en gesprekke. Jy het pret saam met geliefdes. Jy is ook in die bui om ’n fliek te kyk, na musiek te luister of ’n kunsgalery te besoek.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Saturnus stabiliseer vandag jou intense emosies en kalmeer jou ’n bietjie. Moenie te haastig wees wanneer dit by ’n ingewikkelde gesinskwessie kom nie. Takel sake stap vir stap.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dis ’n goeie dag om jou profiel op sosiale media by te werk. Jy plaas die fokus op opwindende nuwe projekte en kry voordelige kontakte. Is daar ’n familielid by wie jy regtig ’n slag moet uitkom?

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die omstandighede is goed vir geldsake en sosiale media, veral as jy tyd bestee om’n projek of geldelike voorstel behoorlik na te vors. Moenie blitsresultate verwag nie.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Moenie swig onder die begeerte om geld uit te gee nie – hoe meer gedissiplineerd jy met jou geld of kredietkaart is, hoe beter. Baie Weegskale is in die bui om na te vors wie hul voorsate is en hul stamboom op te stel.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioene bestee baie tyd daaraan om mense en situasies te beheer, wat uitputtend is. Jy sal vandag vind ’n positiewe benadering en baie sjarme is al wat jy nodig het om ander aan jou kant te kry.

BOOGSKKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die omstandighede is goed vir groepsaktiwiteite en om te netwerk terwyl Mercurius jou gesellige kant versterk. Probeer om nie impulsief oor ’n werkskwessie te wees terwyl dit baie tyd, takt en geduld gaan verg om dit op te los nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Verwag ’n voorspoedige dag, veral as jy goed beplan. As jy buigsaam is en nie net aanneem jy het al die antwoorde nie, sal aangename en produktiewe verhoudinge volg.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Gaan ’n nabye persoonlike verhouding die afgelope ruk deur ’n moeilike tyd? Venus en Mars sal help om ou wonde met deernis en entoesiasme te heel. Moenie die kans laat verbygaan nie.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Tel jou seëninge wat naby verhoudings betref terwyl jy die ondersteuning van die mense om jou geniet. Reik uit na iemand spesiaal as jy alleen voel.