JOU DAG

Hierdie Volmaan is ’n Supermaan; dus kan jy vandag hope passie en intensiteit verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

2017 is die jaar waarin jou doelwitte en drome eindelik vrugte kan afwerp, veral as jy liggaamlike aktiwiteite met volop kreatiewe oorpeinsing kombineer.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Hoe gaan dit met jou begroting en jou banksaldo? Die Volmaan belig probleempies in jou geldbestuur, Ram. Jy moet dus minder spandabel en baie meer versigtig wees met kontant en krediet.

BUL, 21 Apr.- 21 Mei

Die Volmaan in die Bul beklemtoon jou aardse persoonlikheid, terwyl ’n idee of projek vrug dra of ’n probleem opgelos word. Maak seker jy benader sake prakties en weldeurdag.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Sommige van jou motiewe is tans ’n raaisel, maar jy sal binnekort jou ware kleure wys. Is ’n geliefde heeltemal eerlik met jou? Luister mooi na dit wat die stemmetjie in jou binneste vir jou sê.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Krappe is gewoonlik tranerig in die Volmaan, maar hierdie een is in die aardse Bul; dus voel jy emosioneel baie meer op vaste grond. Dis tyd vir netwerkvorming met vriende terwyl jy kameraadskaplik omgaan met ’n kreatiewe nuwe klomp.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

’n Ingewikkelde probleem of uitdaging by die werk kan ’n kritieke punt bereik terwyl die druk opbou en dit dan verlig word wanneer iemand – hopelik jy – beslissend optree. Mik om vandag jou alles te gee wanneer jy jou doenlysie takel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy is meer eksperimenteel as gewoonlik aangesien die Volmaan jou avontuursone aanwakker. Wanneer jy met ’n vriend(in) kommunikeer, moet jy seker maak hulle verstaan hoe sterk jy oor ’n saak voel.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Moenie mismoedig raak as die geldsake begin lyk na knyp nie! Dis net ’n nuwe hoofstuk. Maak seker jy raadpleeg eers jou romantiese of finansiële maat voor jy enige groot kooptransaksies aangaan.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die Supermaan skyn ’n helder kollig op ’n belangrike, intieme verhouding. Wy jy die nodige tyd en aandag daaraan? Volgehoue toegewydheid is tans die sleutel tot suksesvolle vennootskappe.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die Volmaan belig jou werksone; dus wil jy graag in beheer wees. Maar is jy die baas – of net gewoonweg baasspelerig? Poog om jou Boogskutter-leierskapvaardighede op slim en kreatiewe maniere in te span.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dis tyd om ’n wankelmoedige verhouding te koester, ’n vriendskap te vertroetel of in aanraking te kom met jou innerlike kreatiwiteit. Moet tog net nie alles glo wat jy hoor nie. Maak seker jy gaan die feite na voor jy reageer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die Supermaan dui op ’n verhuising, vernuwings tuis, gaste wat opdaag of drama op die tuisfront. Doen dus jou bes om die balans tussen jou werklewe en jou gesinsverantwoordelikhede reg te kry.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jou emosies word deurmekaargeklits terwyl die Supermaan jou kommunikasiesone stimuleer. Gun jouself genoeg tyd om voor te berei op vergaderings en afsprake sodat jy nie op die ou end gespanne voel nie.

© Joanne Madeline Moore