JOU DAG

As jy vandag werkprojekte aanpak en los drade vasknoop, begunstig die sterre jou.

AS JY VANDAG VERJAAR

Maak vanjaar die beste van jou unieke talente. Jy is soms te ontwykend; probeer om minder toegeeflik en meer vasberade te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Hoe haastiger en impulsiewer jy is, hoe makliker kan die dag jou teleurstel. Kortpaaie gaan jou vinnig nêrens bring nie. Jy word aangemoedig om liggaamlik georganiseerd en geestelik gedissiplineerd te wees.

BUL, 21Apr.-21 Mei

Jy kan dalk vandag tot pessimistiese denke geneig wees. Moenie toelaat dat dit jou pla nie; dit is van verbygaande aard. Rol jou moue op, laat sak jou kop en gaan voort met die taak waarmee jy besig is.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Maak seker jy sluit jou gesin en vriende by jou toekomsplanne en aspirasies in, maar moenie toelaat dat hulle jou in die versoeking stel met grootmoedige aanbiedings wat nie op die werklikheid gegrond is nie. Hou dinge prakties en saaklik.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Met die gedissiplineerde Saturnus wat deur jou welsyn-sone beweeg, moet jy op jou gesondheid, dieet en fiksheid fokus. Geen verskonings nie – sit neer daardie stuk sjokoladekoek, staan op van die rusbank en kom aan die beweeg.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy sal moontlik vandag ferm moet optree ten opsigte van ’n tiener, kind of werknemer. Dra die reaksie wat jy verwag, helder en duidelik oor en gee hulle dan die ruimte om die taak te voltooi.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Hoe meer jy jou gedagtes fokus, hoe beter sal die dag wees terwyl jy syfers kafdraf, papierwerk afhandel, navorsing doen of die besonderhede van ’n belangrike projek tot in die fynste besonderhede beplan. Weerstaan die drang om ander te kritiseer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Het jy die kers aan albei kante gebrand? Jy het op die oomblik te veel ysters in die vuur, maar probeer om vandag so ’n bietjie spesiale “ek-tyd” opsy te sit. Afsondering is sielskos vir jou.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Bekommerd oor geldsake? Hoekom bespreek jy nie jou probleme met ’n deskundige op finansiële gebied nie? Moenie jou kop in die sand steek nie; ’n verantwoordelike, proaktiewe benadering kan dinge omkeer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy het die neiging om dinge te oordoen en meer te belowe as wat jy kan lewer. Onthou net, jy hoef nie elke keer oorboord te gaan ten einde pret te hê en die lewe te geniet nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy is vandag op jou puntenerige beste – en jou vitterige slegste, terwyl die sterre jou “ek-moet-alles-perfek-doen”-knoppie druk. Doen alles deeglik, maar moenie obsessief raak in die proses nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jou betrokkenheid by ’n groep, klub of organisasie lei daartoe dat ander na jou opsien vir inspirasie. Moet egter nie met jou kop in die wolke loop nie. Kry helderheid oor jou langtermyndoelwitte vir die toekoms.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die huis is vandag waar die hart is. Om deel van ’n span te wees, het meer belonings as om jou eie weg te baan. Moet egter nie aanneem jy weet wat ’n kollega by die werk of ’n geliefde werklik dink nie.