JOU DAG

Jy het gunstige sterre om op hoogte te kom van wat in vriende se lewe aangaan en met kreatiewe take besig te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Saturnus sal jou in 2016 help om uitdagende projekte met ekstra geduld en deursettingsvermoë betyds af te handel. Jy sal vind daar is geen plaasvervanger vir harde werk nie.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy lyk dalk ongewoon kalm, maar jy is vol vurige energie en dit voel of jy op die punt is om daarvan te bars. Probeer om kalm te bly en nie jou humeur te verloor nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Mercurius beweeg tot 2 Januarie deur jou sone vir internasionale sake. Die Kersfees- en Nuwejaarstyd is ’n wonderlike tyd om te reis of gasheer te speel vir gaste van ver.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die Tweeling het dikwels ’n oppervlakkige begrip van ’n groot verskeidenheid onderwerpe. Met Mercurius wat deur die Steenbok-teken beweeg, moet jy probeer om op een onderwerp op ’n slag te fokus en dit deeglik en gedissiplineerd doen.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy sal vooruitgang maak as jy jou oë en ore oophou. Bly op hoogte van die feite en los fantasie vir die flieks. Moenie haastig wees om ’n dokument te onderteken nie. Wees geduldig en wag.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy kan tans nie veel ondersteuning van gesinslede verwag nie. Hulle het hul eie probleme om te hanteer. Fokus daarop om die fiksste, gesondste en slimste Leeu te wees wat jy kan.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Mercurius is in jou kreatiwiteitsone en stimuleer jou verstand en weetgierigheid. Dis ’n wonderlike tyd om te studeer, ’n daguitstappie te onderneem of ’n uitdagende, nuwe boek te begin lees.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

’n Gesinskwessie verander drasties. Die omstandighede is moeilik, maar onthou, jy is besig om ’n vaste en nuwe huishoudelike basis te skep.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Venus is in die Skerpioen-teken en laat jou meer passievol as gewoonlik voel. Dit kan die mense om jou bang maak. Hanteer hulle mooi – almal is nie so energiek soos jy nie!

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die fokus is op geldsake en jy probeer om met beter maniere op te kom om jou geld te bestuur. Moenie huiwer om ’n kundige of professionele persoon se hulp in te roep as jy dit nie self kan hanteer nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dit sal vandag die beste wees as jy praktiesheid en produktiwiteit met kreatiwiteit en deernisvolheid kan balanseer. Namate die dag vorder, begin jy dink aan kwessies wat met geldsake te doen het.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Begin die dag deur ’n bietjie te rus, te mediteer of na te dink. Probeer jou onvoorspelbare energie later die dag beheer anders sal jy in die moeilikheid beland!

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Luister na jou intuïsie om te weet wat vir ’n groepsaktiwiteit of gemeenskapsprojek nodig is. Jy sal agter die skerms moet werk om sake weer aan die gang te kry.