JOU DAG

Mercurius, die kommunikasieplaneet, is nou tot 5 September in trurat. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is nuuskierig en komies en hou daarvan om die wêreld om jou te bekyk. Probeer om die komende jaar meer op die geestelike sy van die lewe te fokus.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Probeer vandag om die kommunikasie met familie, vriende en kollegas aan die vloei te hou. Jy kan ’n klompie oponthoude verwag, maar ’n buigsame en vrolike houding sal jou help om die veranderende omstandighede baas te raak.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mercurius beweeg tot 5 September agteruit. Dit is dus nie die regte tyd om met projekte te begin of moeilike probleme op te los nie. Jy kan probleme of vertragings verwag betreffende motors, rekenaars of selfone.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mercurius beweeg nou in trurat deur jou tuissone, dus kan jy oor die komende drie weke ’n klompie huishoudelike dramas verwag. Hoe meer ongeduldig en hardkoppig jy is, hoe meer uitdagend gaan die probleme wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy moet die komende drie weke versigtig wees oor dit wat jy in die sosiale media plaas, want ander mense kan maklik jou ware bedoeling misverstaan. Maak dubbel seker van jou feite voor jy enigiets plaas.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Mercurius beweeg nou, tot op 5 September, agteruit. Jy moet probeer om inligting deeglik te verwerk, veral dié wat met persoonlike geldsake te doen het, anders gaan dinge vinnig verwarrend raak.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius, jou beskermheerplaneet, beweeg in trurat deur jou teken; verwag dus die volgende drie weke kommunikasiechaos. Die beste manier om dit aan te pak? Met hope Maagde-selfversekerdheid.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy’s gretig om so gou moontlik aan ’n persoonlike projek te werk. Maak seker jy doen eers jou huiswerk deeglik. Anders sal ’n yslike geharwar en algemene chaos oor die komende drie weke heers.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

’n Vertroetelde droom kan moontlik tydelik vertraag word, aangesien Mercurius tot vroeg in September in trurat deur jou verwagting-en-versugtingsone beweeg. Wees geduldig. Die goeie dinge kom vir dié wat wag.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is gretig om oor ’n verskeidenheid onderwerpe te gesels terwyl jy gedagtes ruil met familie, vriende en kennisse. Maar, met Mercurius in trurat, moet jy oppas dat jy nie iets heeltemal onvanpas uitblaker nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Mercurius gaan nou vir amper drie weke in trurat deur jou reissone beweeg. Jy kan dus ’n bietjie chaos verwag wat motors, busse, treine, vliegtuie, pendelverkeer en/of vakansieplanne betref.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Probleme by die werk maak jou dalk ingedagte. Of jy kan verwarring teëkom ten opsigte van ’n vriend of ’n finansiële aangeleentheid. Wat ook al gebeur, probeer ekstra geduldig wees met ander mense.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Mercurius beweeg die komende drie weke in trurat deur jou verhoudingsone, dus kan jy kommunikasiechaos verwag. Die komende drie weke is ook ’n tyd waarin onopgeloste kwessies weer van vooraf opgediep kan word.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.