Hier is wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Probeer vandag om kreatief en produktief te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan baie dapper wees. September en Oktober is die beste maande om by ’n maatsoekdiens aan te sluit, verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou troubeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme hou daarvan om nommer een te wees, maar op die oomblik is die geheim van wonderlike verhoudings om ander mense voorop te stel. En dink aan opregte maniere om ander mense te komplimenteer wanneer hulle goeie werk lewer.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is in ’n vrygewige bui terwyl jy met vriende of kollegas omgaan. Iets buitensporigs in die winkels of aanlyn vang ook jou oog. Maar kan jy dit regtig bekostig?

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is in die luim om iets te doen waarvan jy werklik hou, soos sport, ’n kreatiewe projek of ’n geliefkoosde stokperdjie. Moet net nie oorhaastig te werk gaan nie. As jy dit doen, gaan jy moontlik iets uitlap waaroor jy later spyt gaan kry.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Bring ’n bietjie gehaltetyd saam met gesinslede deur, onthaal tuis of pak selfdoentake om die huis aan. Wat geldsake betref, moet jy jou sommetjies doen en jou voete stewig op die aarde hou.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vandag is net die dag om in te haal met die jongste nuus en sake van die dag; dus kan jy heelwat telefoonoproepe, e-posboodskappe, teksboodskappe en twiets verwag. Weerstaan tog net die drang om te skinder oor mense en situasies wat taboe behoort te wees.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mense gaan vandag jou onverdeelde aandag eis en jy wil nie hul gevoelens krenk deur te weier nie. Maar jy het beslis ook tyd nodig om jou eie uitgeputte kragte te herwin.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Maak seker jy en jou maat se beskouing van ’n belangrike doelwit stem ooreen. As jy enkellopend is, maak seker jy weet wat die verskil is tussen ’n droomafspraak en ’n teleurstellende nikswerd. Probeer meer realisties wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Sluk jou trots en los ’n verwarrende konflik op in verband met werk wat tussen jou en iemand anders ontstaan het. Jy kan beslis die heuningkwas gebruik as jy jou daarop instel!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is vandag in die luim om feitlik alles te oordoen, Boogskutter. Jy is ook gretig om ander mense te help en jou bedoelings is vir seker eerbaar. Let net daarna op dat jy nie meer beloof as wat jy kan lewer nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie vandag aanneem dat jy weet hoe ander mense voel nie. Wat jy nou kort, is ’n bietjie ekstra takt en diskresie. Heelwat is onder die oppervlak aan die gang; dus spoor Saturnus jou aan om terug te tree en nog ’n slag te kyk.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Sorg dat jy nie by familie of vriende se geskille betrek word nie, veral wat geld betref. Dit sal vandag die beste wees as jy jou neus uit ander se sake hou en liewer dinge doen wat jy geniet.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die Maan dwaal deur jou verhoudingsones; dus val die klem op die mense wat saak maak in jou lewe. Probeer om die huidige situasie uit hul onderskeie oogpunte te beskou.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017