JOU DAG

Ontsnap aan jou gewone roetine – avontuur, opwinding en verandering is alles vandag op die agenda.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die wêreld staan vir jou oop in die komende 12 maande … solank jy die neiging bedwing om uit te stel. Gaan dus uit en wys hulle wat werklik in jou steek.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dit is net die dag om die liggaamlike en geestelike spinnerakke af te skud. Jy is in ’n avontuurlustige bui en ook lus om passievol te raak oor ’n opwindende nuwe stokperdjie, ’n aanlyn projek of ’n organisasie in jou gemeenskap.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Sit jy in ’n versmorende Bul-groef vas? Die sterre moedig jou aan om vandag avontuurlustiger te wees, jou gemaklike pantoffels uit te skop en aan die werk te spring! Wat die liefde betref, moet jy die onverwagte verwag.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Vandag se sterre plaas ’n klomp knettering en vonke by intieme verhoudings. Geniet pret saam met ’n geliefde en stel huishoudelike dramas uit tot ’n volgende keer. Jou verstand is nou vlymskerp; gebruik dit tot jou voordeel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dit is hoog tyd dat jy ontsnap aan jou Kreef-gemaksone. Jy sal agterkom dat jy aangetrokke voel tot ongewone onderwerpe, asook interessante mense en plekke. Maak dus jou hare los en doen iets anders.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die planete aktiveer vandag jou avontuurlustige sy; dus voel jy ekstra rusteloos. Alle soorte oefening en buitemuurse aktiwiteite word bevoordeel terwyl lewendige Leeus energie in liggaamlike bedrywighede stort.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy het vandag ’n baie sterk drang om ander te help, Maagd. Bowendien gee Venus jou selfvertroue ’n hupstootjie en help jou meer positief voel ten opsigte van jou loopbaankeuses en professionele rigting.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Die Venus/Uranus-verbinding laat val die kollig op romantiese kaskenades en die moontlikheid om vinnig verlief te raak! Dit is ook ’n wonderlike dag om nuwe persoonlike en beroepshorisonne saam met opwindende en ondernemende vriende te verken.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Vandag se sterre is uitstekend gerangskik om ’n vervelige huishoudelike roetine op te kikker aangesien jy kreatiewe maniere bedink om die daaglikse sleurwerk aansienlik lekkerder te maak. Navorsing oor ’n ongewone onderwerp word ook bevoordeel.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Moenie verhoudings as vanselfsprekend aanvaar nie! Dit is hoog tyd dat jy iets opwindend nuuts saam met jou lewensmaat, ’n eks, sakevennoot, kennis of ’n sielsgenoot in jou plaaslike gemeenskap aanpak.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie skaam wees nie, Steenbok! Streef daarna om op groot skaal vir jouself reklame te maak terwyl jy persoonlik en professioneel voortstu. Dit kan jou ook loon om kreatiewe idees met ’n eendersdenkende kollega te deel.

WATERDRAER, 21 Jan.- 19 Feb.

Jou boheemse sy skitter behoorlik vandag aangesien die sterre jou beminlike, eksentrieke sy stimuleer. Put ryklik uit die avontuurlike Waterdraer wat jy van nature is, terwyl jy ander mense bekoor sonder dat jy te hard probeer.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Alle soorte geld- en sakeprojekte word bevoordeel terwyl jy ’n nuwe benadering beproef wat moontlik gaan werk. Innoverende idees en kreatiewe kommunikasie sal jou die transaksie help beklink.