JOU DAG

Probeer mik na balans tussen georganiseerd en spontaan wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is van nature skerpsinnig en het die vermoë om ander mense te beïnvloed, dus moet jy seker maak jy doen dit op positiewe maniere. Laat gereelde ontspanning oor die komende jaar ’n noodsaaklike deel van jou daaglikse roetine vorm.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Woorde het vandag die vermoë om seer te maak of te heel, dus moet jy probeer om jou geselskap en jou gesprekke met wysheid te kies. Moet ook nie ’n haastige besluit neem nie, aangesien jy nog nie al die tersaaklike inligting het nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die sterre belig persoonlike sosialisering, of kommunikasie met ander mense deur middel van die foon of die internet. Jy is ingestel op die mense om jou, maar dink twee keer voordat jy ongestaafde skinderstories oorvertel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Wat aanvegbare gesprekke betref, bly vandag kalm en onderdruk die versoeking om te oorreageer en te veel te praat. Stel jou standpunt op ’n kalm en duidelike wyse – en beweeg dan aan.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy vandag geduldig en deernisvol is teenoor ander mense, sal jy die voordele op allerhande onwaarskynlike maniere oes. Jy is gretig om te help, maar moenie meer belowe as wat jy in werklikheid kan lewer nie.

LEEU, 24 Jul. 23 Aug.

Dit gaan maklik wees om die verkeerde ding te sê, veral aan ’n ouer, tiener, vriend of vriendin. Dink dus twee keer voordat jy iets uitlap. Dit sal miskien goed wees om jou mond te snoer en jou menings vir jouself te hou.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy is in die luim om na te vors en te ondersoek terwyl jy jou speurhoed opsit en jou vergrootglas gryp. Met Mercurius steeds in trurat, moet jy egter seker maak jy gaan na en gaan dan weer ’n slag na.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy het groot idees, maar woorde is vandag goedkoop, Weegskaal. Jy is gretig om geliefdes te help, maar as jy te veel belowe en dan nie jou beloftes gestand doen nie, gaan jy eindelik net almal teleurstel.

SKERPIOEN,24 Okt.-22 Nov.

Mars en Saturnus is albei in jou geldsone, maar jy moet die versoeking weerstaan om te verkwis. As jy met ’n geldslim vriend of vriendin praat, sal dit jou help om jou huidige finansiële situasie in ’n baie meer realistiese lig te sien.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.- 21 Des.

Pasop wat jy sê terwyl jy probeer om ekstra taktvol te wees met ’n kind, tiener, vriend of vriendin. Weerstaan die drang om roekeloos te wees met geld of krediet. Jou finansiële situasie is moontlik nie so rooskleurig as wat jy dink nie.

STEENBOK, 22 Des.- 20 Jan.

Los jou perfeksionistiese sy vandag tuis, Steenbok. Dit is baie meer produktief om ander mense te prys as om hulle te kritiseer. As jy dooierig voel, sal jy vind verkwikkende liggaamlike oefening lig jou bui.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy het vandag ’n bietjie selfbeheersing nodig, Waterdraer, aangesien mense by die werk of tuis jou standpunt bevraagteken. Verdedig jouself gerus, maar maak seker jy doen dit so professioneel en hoflik as moontlik.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy sal lus voel om los te breek van beperkings, dus moet jy nie vaste planne maak nie. Jy kan vandag genoop word om iets spandabels te koop, maar dit kan teen môre sy glans verloor.

© Joanne Madeline Moore