Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

JOU DAG

Dis nuwemaan en ’n magiese tyd van vernuwing. Jy kan heeltemal oor begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy geniet ’n aktiewe sosiale lewe. Maar met Pluto in jou sone vir huishoudelike sake is dit tyd vir groter verbondenheid en passie in jou persoonlike lewe.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die Ram is baie onafhanklik, maar wees vandag versigtig om dit nie te oordoen nie. Soms is dit wonderlik om hulp te vra, want dit gee ander die geleentheid om te wys hoeveel hulle regtig omgee.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die nuwemaan blaas nuwe lewe in ou gewoontes. Jy is dol oor jou geriefies, maar vandag se sterre sal jou uit jou selftevrede gemaksone skud.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dis tyd om die dinge te geniet wat jou interesseer – soos liefde, vriendskap, gesprekke, kuier, lees en stokperdjies. Benader ’n kind, tiener of vriend versigtig.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Praat vandag met ’n ontevrede gesinslid. Die nuwemaan moedig jou aan om sake vanuit hul perspektief te beskou. Dan kan julle die verhouding op ’n nuwe fondament voortsit.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Wees voorbereid op ’n welkome toename in jou selfvertroue terwyl die nuwemaan jou kommunikasiesone aktiveer. Maar moenie ander met ’n verrassende aankondiging skok nie – benader dit geleidelik.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die nuwemaan motiveer jou om jou houding jeens geld te verander en meer geldslim te word. Verwag die onverwagse wat gesamentlike geldsake betref en berei jou daarop voor.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die stylvolle Weegskaal is passievol oor mode. Die nuwemaan is in jou teken en dit is dus die ideale tyd vir ’n wonderlike haarstyl, ’n nuwe grimeervoorkoms of ander stylvolle klere.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy is in die bui vir selfondersoek en ernstige oordenking. ’n Nuwe begin op ’n belangrike gebied in jou lewe is moontlik. Jou intuïsie lei jou in die regte rigting.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Is jou vriendekring te klein en beperk? Kuier jy steeds saam met dieselfde ou groep? Die nuwemaan spoor jou aan om jou netwerk van plaaslike vriende en internasionale kennisse uit te brei.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Is jy besig om jou professionele drome na te jaag en kry jy die resultate by die werk wat jy wil hê? Indien nie is daar subtiele veranderings wat jy moet maak en die nuwemaan laat jou tot aksie oorgaan.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy sal vandag uiters rusteloos voel. Jou sone vir opleiding en avontuur word deur die nuwemaan gestimuleer – verwag die volgende paar maande ’n nuwe siklus van studie, reis of avonture in die buitelug.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die nuwemaan plaas die fokus op jou sone vir begeertes en geld. Party flankerende Visse kan uitsien na ’n vurige nuwe romanse of ’n oue met nuwe vonk. Is dit tyd om ’n ooreenkoms oor geld aan te pas?