JOU DAG
Jy is vandag haastig en kom vinnig tot gevolgtrekkings.

AS JY VANDAG VERJAAR
Jy kan te reguit wees. Probeer om in die komende jaar meer diplomaties te wees. Samewerking en kompromie sal jou verder bring as veroordelende gedrag.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Die maan klits jou buierige sy deurmekaar, dus kan jy sukkel om jou goed bedoelde beloftes gestand te doen. Moenie beloftes maak wat jy nie kan nakom nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei
Die lewenslustige Venus beweeg tot 5 Julie deur jou teken. Jy sal voel hoe jou charisma terugkeer. Maar jy gaan in die pekel beland oor ’n kommunikasie-flater.
 
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Hoe meer energie jy bestee aan die uitbreiding van jou kennisbasis, hoe meer vrugte sal jy pluk. Moenie vandag alles glo wat ’n kollega of intieme vriend jou vertel nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Moenie verwag dat verhoudings seepglad gaan verloop nie. Die een of ander drama gaan tuis of by die werk afspeel. As jy buigsaam is en vinnig reageer, sal dinge gou weer normaal wees.
 
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Moenie geestelik in ’n groef verval nie. Skakel in by die wysheid wat jou omring, veral by ouer mense wat meer ondervinding het as jy. Jy kan altyd iets nuuts leer.
 
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Vermy onvoorspelbare mense met verwarrende planne, veral waar geld betrokke is. Kry die feite agtermekaar en ondersoek dit deeglik. Daarna moet jy die moed hê om jou intuïsie te volg.


WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Familie en vriende gaan nie vandag op voorspelbare maniere optree nie, dus moet jy nie eens probeer raai wat hul volgende skuif gaan wees nie. Al wat jou te doen staan is om koel en kalm te bly en bereid te wees vir verandering.
 
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Is jy in ’n sieldodende loopbaangroef vasgevang? Moet jy jou werk anders benader? Dit kan tot ’n opwindende nuwe werkgeleentheid lei as jy die muwwe ou energie eenkant toe skuif en vars idees na vore bring.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Boogskutters kan selfsugtige siele wees, maar die klem val vandag op diegene om jou, veral kinders of vriende. Jy is in die luim om te help en gretig om ’n verskil te maak in die lewe van ander mense.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Hoe meer proaktief en uitgesproke jy is oor ’n huidige verhoudingskwessie, hoe kleiner gaan die probleem wees. Dit sal help as jy die selfvertroue het om aan ’n geliefde te sê presies hoe jy voel.
 
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Baie Waterdraers sal vandag liggeraak wees. Moenie toelaat dat jou rusteloosheid jou in ’n totaal ongepaste rigting weglei nie. Jy smag na verandering, maar moenie oorboord gaan nie.
 
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Moenie roekeloos met geld en sorgeloos met krediet omgaan nie; anders gaan jy onnodig om suiwer emosionele redes koop. Onthou, wat vandag in die kol is, lyk môre miskien nie meer so wonderlik nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017