JOU DAG

Vandag se vrolike sterre bevoordeel reis, vryheid en pret.

AS JY VANDAG VERJAAR

Probeer om in 2017 meer pret te hê en om meer buigbaar te wees. ’n Goeie begin is om kompulsiewe gedrag te verruil vir gereelde ontspanning.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou vermoë om ander mense te motiveer en te inspireer, is vandag op sy absolute hoogtepunt. Wend dus jou energie en entoesiasme positief aan. Moet egter nie te reguit wees nie. Onthou: woorde kan soos ’n mes sny!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Is jy besig om geestelik lui te raak? Mercurius en Pluto is albei in jou opvoegdingsone. Wees dus op die uitkyk vir geleenthede om te leer – of dit nou deur middel van studeer, reis of die leiding van ’n mentor of leermeester is.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die onvoorspelbare Neptunus en die Son vuur jou verhoudingsone aan. Jy is dus nie in die luim om aangesê te word wat om te doen nie. Jy is egter gretig om iets opwindend saam met ’n spesiale persoon te doen.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Wat jul baas of ’n kollega by die werk betref, moet julle vandag die onverwagse verwag, Kreef. Dit is heeltemal moontlik dat wat jy ookal verwag hy of sy gaan doen, heeltemal omgedraai gaan word.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Leeus is op-en-wakker en teatrale skepsels. En vandag is jy gretig om op kleurryke, kreatiewe en opwindende maniere met ander mense te skakel. Internasionale vriendskappe word ook in die besonder bevoordeel.

MAAGD, 24 Aug. 23 Sept.

Kom jy voor ’n frustrerende familieprobleem te staan? As jy aanhou doen wat jy doen, gaan jy eenvoudig aanhou kry wat jy kry. Die sterre dui aan die tyd het aangebreek vir ’n heeltemal vars benadering.

WEEGSKAAL, Sep 24-Oct 23

Verander ’n geliefde gedurig van gedagte en dwarsboom jou planne? As jy te inskiklik is, gaan jy met leë hande agtergelaat word. Neem dus die leiding en maak self ’n klompie opwindende veranderinge.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy is geneig om dinge te lank te oordink – en daaroor te tob. ’n situasie mag egter vandag ’n kitsbesluit verg waar jy op jou voete moet dink en ’n paar supervinnige bewegings moet maak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Vandag se haastige sterre gee jou voorfeestyd-geesdrif en jou spontane spandeergene ’n hupstoot. Moet egter nie toelaat dat ’n volhardende kind, tiener of vriend/in jou oorreed om iets te koop wat jy nie werklik kan bekostig nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Wat ’n huishoudelike aangeleentheid betref moet jy vandag uit jou gemaksone spring. Streef om jou gewone roetine smaak te gee met verrassings en spontane kaskenades langs die pad!

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Mal en kreatiewe drome word vandag bevoordeel, Waterdraers, terwyl julle ’n uitdaging op ’n vernuwende manier benader. Maar wat ’n kwessie rakende die plaaslike gemeenskap betref is jy nie glad te voortvarend nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die Son belig vandag jou reputasiesone, dus gaan jy op die een of ander manier in die openbare kollig wees. Ander mense gaan jou dophou, wat jy ookal doen. Maak dus seker jy lewer ’n opwindende vertoning!

© Joanne Madeline Moore