JOU DAG

Verwag ’n dol dag, gevul met lewendige interaksie en gesprekke.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is gesellig en wel ter tale; dus het jy die mag om ander mense te beïnvloed. Maak seker dit is op goeie maniere. Jy behoort in die komende 12 maande passie met uithouvermoë te kombineer.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Gebruik jou Ram-energie om projekte aan te vuur – en volg dit dan op met hope passie en doelgerigtheid. Weerstaan egter die drang om iets heeltemal onvanpas uit te blaker, veral tuis.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Vandag word die genieting van goeie tye – en heerlike maaltye – met familie en vriende beklemtoon. Moet jou egter nie ontstel as ’n moedswillige familielid iets uitlap wat liewer ongesê moes gebly het nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Vandag sal dit voel asof jy op ’n tuimeltrein is, aangesien jy ’n opwindende projek aan die gang kry. Markeer egter jou pas en pasop dat jy nie die verkeerde ding op die verkeerde tyd aan die verkeerde persoon uitblaker nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy moet vandag ekstra geduldig en diplomaties wees met iemand . . . veral by die werk. As jy sê presies wat jy dink, kan sake ’n heeltemal onvoorspelbare koers inslaan.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jou rustelose sy skop in; dus is kommunikasie en reis die gonswoorde. Uranus gee jou vaardighede om verskeie dinge op een slag te doen, ’n hupstoot, maar moenie te veel dinge aanvaar en jou energie in alle rigtings uitstrooi nie.

MAAGD, 24 Aug,-23 Sept.

Jy kan vandag verwag om gespanne te voel, want Uranus wakker jou oorsensitiewe senuweestelsel aan. Probeer dus jou bes om jou minder te bekommer; wen af en ontspan meer. Jou doenlysie sal môre nog daar wees.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Die Weegskaal-maan gee jou selfvertroue ’n hupstoot, en jy is gretig om almal se probleme op te los. Moet egter nie dinge vergroot nie . . . en op die ou end meer belowe as wat jy in werklikheid kan doen nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moet jy jou kontantvloei verhoog? Konsentreer daarop om jou finansies op praktiese maniere ’n hupstoot te gee. Jy kan miskien met ’n aanlyn winkel begin, mense onderrig of met ’n klein onderneming van die huis af begin.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Nuuskierigheid, rusteloosheid en opgewende energie is vandag hoog op die lysie. Moenie slegs die oppervlak aanraak nie . . . daar gaan meer aan as wat jy besef. Ruim tyd in om probleme behoorlik te ondersoek, anders gaan jy belangrike besonderhede miskyk.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie jouself beperk nie, Steenbok! Hoe wyer jou kring is wat familie, vriende, bure, kollegas en kennisse insluit, hoe meer invloed sal jy uitoefen op die groot, wye wêreld anderkant jou deur.

WATERDRAER, Jan 21-Feb 19

Jy word maklik verveeld, maar weerstaan die versoeking om stroomop te wees, ander mense te ontstel en onmin te veroorsaak. Bedink liewer minder ontwrigtende maniere om vonk en interessantheid aan jou dag te verleen.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Hou op met uitstel en begin om dinge te doen! Dit is ’n goeie dag om inspirerende, kreatiewe idees te neem en hulle te omskep in praktiese, produktiewe langtermynprojekte. Weerstaan net die drang om onverskillig met geld te wees.