JOU DAG

Weerstaan die versoeking om vandag iets onvanpas uit te blaker.

AS JY VANDAG VERJAAR

Bekwaam en eiesinnig – jy stel jou eie hoë standaarde – en ander mense s’n! 2016 is die jaar wanneer jy meer energie en geesdrif in jou ambisies vir die toekoms moet sit.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ram, snedige woorde en vinnige kommentaar kan jou vandag in die sop laat beland as jy instorm en ’n sensitiewe situasie vererger. Sit liewer effens terug en bly stil – as jy kan!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

’n Persoonlike of sakeverhouding lyk vandag hitsig, Taurus, wanneer die maan en Mars passie en tekort aan geduld aanwakker. Dit hang dus van jouself af om ’n kalm, bestendige en onverstoorbare Bul te wees!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mercurius beweeg steeds agteruit; wees dus baie versigtig in hoe jy met ander mense kommunikeer, veral waar geldsake ter sprake kom. Maak ook vooraf dubbel seker van afsprake en vergaderings.

KREEF, 22 Jun,-23 Jul.

Met Mercurius wat agteruit deur jou verhoudingsone beweeg, sal jy hard moet werk aan duidelike kommunikasie met geliefdes, anders gaan dit ? deurmekaarspul en misverstande veroorsaak.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Werkverhoudinge is tans ’n slagveld mynveld, Leeu, aangesien die agteruitbewegende Mecurius kommunikasie verwar en jou pogings stuit om vooruit te gaan. Die enigste oplossing is vasbeslote volharding.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Op die oomblik kom jou leuse van die groot filosoof, William James: “Dit is ons houding aan die begin van ’n moeilike taak wat, meer as enigiets anders, ’n suksesvolle resultaat sal bepaal.”

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Mercurius beweeg agteruit deur jou huishoudelike sone – tot 26 Januarie – dus is gesinsdinamika tans frustrerend. Dit is tyd vir diplomatiese Weegskale om duidelik te kommunikeer en gereeld te beraadslaag.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wees ekstra versigtig wanneer jy boodskappe en e-posse stuur, Skerpioen, aangesien Mercurius kommunikasie deurmekaarkrap. Maak afskrifte van dokumente en gaan alle boodskappe nog ’n slag na voor jy dit stuur!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

As jy duidelik kommunikeer en jou netwerk van vriende en kollegas koester, sal jy ’n bevredigende dag hê. Geldsake lyk ingewikkeld; maak dus seker dat jy die nodige navorsing doen.

BOK, 22 Des.-20 Jan.

Jou kop is vol idees, maar – met Mercurius wat agteruitbeweeg deur jou teken –gaan dit heelwat geduld en deursettingsvermoë verg om jou abstrakte idees in praktiese projekte om te sit.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Daar kan ’n toutrekkery wees tussen kop en hart terwyl jy ’n belangrike besluit probeer neem. ’n Tweevoudige benadering is die beste opsie. Weeg jou feite eers teen mekaar op, en gebruik dat jou intuïsie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy sal jou eie geselskap geniet wanneer jy jou instel op jou innerlike self en aan jou persoonlike projekte werk. Jou voorgevoel en verbeelding is aan die brand; moet dus nie die kans verspeel om iets uitsonderliks aan te pak nie.