JOU DAG

Moenie vandag iets onbehoorliks uitblaker nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan in 2016 ’n paar onderbrekings in jou persoonlike sowel as jou werklewe verwag, aangesien Uranus aanhou om jou uit jou gemaksone te boender. Hou dus styf vas!

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Wees ekstra versigtig wanneer jy e-posboodskappe of SMS’e stuur of twiet, aangesien dit uiters maklik sal wees om iets aan die verkeerde persoon te stuur; of jou bedoeling kan misverstaan word. Gaan uiters versigtig te werk.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die tyd is nie nou geleë om sensitiewe geldelike onderhandelings aan te knoop nie, aangesien jy nie so helder, diep en sinvol dink soos gewoonlik nie. Dis wel ’n goeie tyd om aan robuuste liggaamlike aktiwiteite deel te neem.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jupiter spring deur jou huislike sone; dus is jy in die bui om te herversier, hernieu of trek – verkieslik na ’n plek met meer ruimte. Rustelose Tweelinge kort baie beweegruimte.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy presies sê wat jy dink, kan dit ander skok. Dink dus mooi voor jy praat, veral as jy met familie, vriende en mense in jou plaaslike gemeenskap te doen het.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vandag se sterpatrone moedige lewenslustige Leeus aan om ander op ’n kreatiewe, selfversekerde en inspirerende – pleks van ’n dogmatiese en dominerende – manier te lei.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Veelsydige Maagde hou daarvan om onmiddellik stappe te doen om probleme op te los, maar jy moet eers ’n bietjie dink voor jy aan die werk spring. Die huidige situasie is aansienlik ingewikkelder as wat jy dink.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

As jy jou met ander se sake bemoei of aan skinderpraatjies deelneem, kan jy met pap op jou pragtige Weegskaal-gesig sit. Wees versigtig en maak seker van die feite voor jy jou mond rek.

SKERPIOEN, 24 Okt.- 22 Nov.

Jy het jou vinger op die finansiële polsslag – of hoe? Hoe minder realisties jy oor geldsake is, hoe meer bekommerd en sonder beheer gaan jy voel. Raak dus so gou moontlik baas van jou geldsake!

BOOGSKUTTER, Nov 23-Dec 21

Jy het ’n natuurlike aanleg om jou voet mooi netjies in jou mond te sit – veral vandag. Moenie te reguit wees nie, want sommige mense is nie gereed om jou spesiale soort Boogskutter-waarheidserum te sluk nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy gaan nie veel steun van ander kry nie; hulle het hul eie probleme om te oorkom. Streef dus daarna om ’n selfversorgende Steenbok te wees. En sorg dat jy nie in die strik van neerhalende gesprekke met jouself trap nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Geldsake lyk vandag ingewikkeld en verwarrend, aangesien iemand jou vae of verwarrende aanwysings gee. As jy twyfel, vra hulle moet dit duideliker stel – en bly kalm.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Is jy geestelik in ’n groef? Kry jou denke in rat deur ’n nuwe stokperdjie te beproef of vors ’n onderwerp na waaroor jy nog altyd gewonder het. Kies ook jou woorde versigtig wanneer jy met ’n kollega of ’n familielid gesels.