JOU DAG

Vandag se sterre bevoordeel kommunikasie op kreatiewe maniere.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is versigtig en presies. Februarie volgende jaar is ’n gunstige maand om met ’n nuwe romanse te begin, verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme kan baie selfbehep wees. Jy sal egter sien hoe meer jy ander mense se behoeftes in ag neem, hoe beter gaan die dag raak. Kreatiewe spanpogings en lewendige gesprekke lyk gunstig.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Met die son, Mercurius en Jupiter wat deur jou werksone beweeg, is jy in die bui om meer proaktief te wees. Dit is nou tyd om dinge te laat gebeur.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die fokus is op jou vriende; hoe om hulle te vertroetel, te behou en om hulle te laat gaan wanneer julle mekaar ontgroei het. Jy sal sien gedeelde belangstellendes is noodsaaklik vir langtermyn platoniese verhoudings.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die positiwiteitsplaneet, Jupiter, help om verhoudings by die Kreef-woning te verbeter. Die fokus is vandag stewig op die huis en die gesin terwyl jy ’n huishoudelike probleem oplos of dinge met ’n geliefde bespreek.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Benut jy jou briljante Leeu-brein ten volle? Met die son, Mercurius en Jupiter binne-in jou ideesone, moet jy jou denkrigting uitbrei om met kreatiewe idees en nuwe konsepte vorendag te kom.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Takel huishoudelike take met ’n glimlag en handel dit vinnig af. Jy sal dan meer tyd en energie hê om ’n sake-aangeleentheid of ’n kreatiewe projek wat agterweë gelaat is, aan te pak.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Moenie oorversigtig wees nie. Met die son, Mercurius en Jupiter wat deur jou teken beweeg, is dit nou tyd om jou in te span om te eksperimenteer en te ontdek. Persoonlike projekte lyk gunstig.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy kan vandag flitse van inspirasie te wagte wees wanneer jou verbeelding inskop. Wisselende emosies gaan jou gemoedstoestand beïnvloed. Dink mooi voor jy goed sê wat jy later kan berou – veral by die werk.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Heelwat aktiwiteit gaan tuis of by die werk voorkom terwyl bygewerkte inligting blitsvinnig na jou kant toe kom. Maak ten volle gebruik van jou talent om meer as een ding op ’n slag te doen.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Wat sakekwessies of jou algemene lewensrigting betref, is dit nou die aangewese tyd om van ou gelowe en houdings ontslae te raak. Voorwaarts!

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Venus help jou om verhoudings met kollegas te verbeter. As jy kritiek met oorlegpleging vervang en mededinging met samewerking, sal jou dag verbasend glad verloop.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Streef daarna om die balans tussen jou kop en hart vandag reg te kry terwyl jy ’n belangrike besluit neem. As jy intellek met intuïsie kombineer, gaan jy die keuse maak wat volmaak is vir jou.

© Joanne Madeline Moore