JOU DAG

Jy kan ’n intense dag verwag – en plaas ’n wag voor jou mond!

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy let baie mooi op na wat in die wêreld om jou aangaan. Die komende 12 maande is die tyd om persoonlike projekte met bevredigende verhoudings te balanseer. Balans gee, soos altyd, die deurslag.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

’n Kollega of gesinslid laat jou skuldig voel oor hoe jy verantwoordelikhede by die werk met huishoudelike pligte balanseer. Jy sal op die ou end met ’n magstryd bly sit as jy jou vererg.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Iemand kan dalk vandag probeer om jou te oorreed om iets teen jou sin te doen – persoonlik of aanlyn. Moenie alte bekommerd wees nie, Bul. Hou net aan om jou eie gang te gaan op jou tipies bestendige manier.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy sal in die sop beland as jy die eerste ding wat in jou gedagtes opkom, uitblaker. Huidige verhoudings is meer ingewikkeld – en situasies meer kompleks as wat hulle op die oog af lyk.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan vandag magspeletjies in intieme verhoudings verwag. As jy ander probeer beheer, sal jy op die ou end eenvoudig net hoogs gespanne voel. Ontspan dus, markeer die pas en neem die lewe een tree op ’n slag.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die Son vorm ’n ingewikkelde verbinding met Pluto. Moet dus nie ’n prima donna wees nie, moenie betrek word by sinnelose dramas met ander nie en moenie ’n hele hoop probleme veroorsaak nie! Bly liewer rustig en nederig.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

’n Verhouding met ’n kind, tiener, of intieme vriend/in lyk vandag gespanne en frustrerend. Probeer dus ’n bietjie minder rigied en meer subtiel in jou benadering te wees. Daar is aansienlik meer aan die gang as wat jy kan sien.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Het jy jou gesinslede vermy? Skeep vandag jou geliefdes op jou eie risiko af, Weegskaal! As enigiemand dink jy doen nie jou deel nie, gaan hulle jou laat agterkom presies hoe hulle voel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Hoe meer oorheersend en skril jy vandag is, hoe meer teenstand sal jy ontlok van die mense om jou. En enige ou koeie wat jy uit die sloot grawe, sal ook lei tot konflik.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Baasspelerige gedrag is vandag op die agenda. Van jou kant af – en van dié van ’n hele klomp ander mense ook. Iemand sal moet afkoel en saamwerk, anders gaan die dag eenvoudig net lank en stresvol wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer jy probeer om jou gesag af te dwing – veral teenoor geliefdes – hoe treuriger gaan die dag wees. Onthou net: Jy kan nie altyd die baas wees nie. Probeer dus gerus effens meer demokraties wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Is mense bewus van al die werk wat jy agter die skerms doen? Jou pogings sal wel die een of ander tyd opgemerk word. Moet dus nie vandag gefrustreerd voel as mense nie wys hulle waardeer jou pogings nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Het jy dit uitgestel om besluite te neem? ’n Vriend(in) of kennis kan jou probeer stoomroller om op te tree. Doen dit net as jy regtig wil. Vertrou jou intuïsie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017