aries-hg-w

JOU DAG

Mercurius, die kommunikasieplaneet, is tot 3 Mei in tru-modus.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy leer vinnig. Te veel haas kan jou egter in die pekel laat beland. Stadig en standvastig sal die wedren in 2017 wen.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Mercurius beweeg in trurat deur jou geldsone, dus moet jy probeer om meer ingelig te wees ten opsigte van jou finansiële situasie. As jy nie al die feite en syfers verstaan nie, moet jy iemand soek wat dit wel kan doen.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dinge gaan nie volgens plan verloop nie, want Mercurius beweeg in trurat deur jou teken. Jy gaan oor die komende paar weke, tot Mercurius weer vorentoe beweeg, improvisasie en geduld nodig hê.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mercurius, jou heerserplaneet, is die komende paar weke in trurat. Jy gaan lus voel om stadiger te beweeg en te hiberneer. Dit sal kommunikasie meer verwarrend maak en take nog verveliger.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Probeer die volgende drie weke versigtig wees oor die manier waarop jy inligting oordra, want Mercurius is in trurat. As jy vaag is, gaan jy misverstaan word. Slim Krewe sal ’n bondige en versigtige benadering volg.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Mercurius, wat in trurat beweeg, gaan die volgende drie weke verwarring veroorsaak, veral wat kollegas betref. As jy kort en kragtig is, kan jy steeds jou boodskap hard en duidelik oordra.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wees die komende drie weke buigsaam. Ander mense gaan hulle nie op redelike en voorspelbare maniere gedra wat jy duidelik kan peil nie. Probeer die kommunikasiekanale oophou.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy moet, indien moontlik, geen belangrike kontrakte oor die komende paar weke onderteken nie. Mercurius beweeg in trurat deur jou sone van gesamentlike finansies en geld van ander mense. Wees geduldig.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mercurius beweeg in trurat deur jou verhoudingsone, dus kan jy ’n oorlading van gesprekvoering verwag. Maak seker jy kies jou woorde met wysheid, anders gaan jy familie, vriende en/of kollegas ontstel.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Mercurius is nou in trurat, dus moet jy probeer om nie voor 3 Mei enige kontrakte te onderteken of duur artikels soos ’n rekenaar of motor te koop nie. Gee ook so gou moontlik aandag aan gesondheidsprobleme.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

’n Verhouding met ’n vriend of kennis sal deur ’n moeilike tyd gaan, want Mercurius krap kommunikasie om en verhoog sensitiwiteit. ’n Skeut diplomasie sal jou veilig aan die ander kant uitbring.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Berei jou voor op ’n paar moeilike huishoudelike dramas en frustrerende gesinsfiasko’s, want Mercurius gaan in trurat deur jou huissone. Moet ook nie omstrede onderwerpe aanroer voor die tyd meer geskik is nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Mercurius beweeg in trurat deur jou sosialenetwerksone, dus moet jy alle plasings, twiets en e-posboodskappe deeglik nagaan voor jy die stuurknoppie druk. Dit is baie maklik om die verkeerde boodskap aan die verkeerde mens te stuur.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017