JOU DAG

Geestesenergie en senuspanning loop hoog; moenie jou ooreis nie.

GELUKKIGE VERJAARDAG

Jy is eiewys, maar jy kan ook ongelooflik koppig wees. 2016 is die jaar om realistieser oor jou doelwitte en drome vir die toekoms te wees.

RAM 21 Mrt.-20 April

Kuier saam met geliefdes of kollegas bied vele voordele, maar weerstaan die versoeking om te reguit te wees. As jy vandag iets ongepas uitblaker, berou jy dit dalk môre!

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jou aspirasies vir die toekoms bots dalk met wat jou intuïsie vir jou sê. Is dit dalk tyd vir nuwe drome? Bulle is ook in die luim vir kuier saam met ’n nuwe kring kreatiewe vriende.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die sterre is gunstig vir inhaal met roetinetake, huishoudelike aktiwiteite en familiebande. Maar stel besluite oor geld uit tot jy kalmer en helderder dink.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die sterre moedig jou aan om jouself te koester met van die lewe se klein luukses. Of dit nou fynproewerskos, goeie wyn of weelderige persoonlike versorgingsprodukte is, jy is gretig om jou te pamperlang.

LEEU 24 Jul.-23 Aug. 23

Leeus druk hulself graag kreatief uit, maar kreatiwiteit is vanoggend beperk, want jy het ’n krisis van Leeu-selfvertroue en twyfel aan jou talente. Moenie moedeloos raak nie; sake sal verbeter namate die dag ontvou.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

As daar probleme in jou primêre verhouding is, is moet jy die pas verslap en tyd inruim om dit uit te pluis. Moenie aanneem jy weet wat jou maat dink nie. Vra vrae – en luister dan aandagtig.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Dit sal vandag moeilik wees om jou werk en gesin te balanseer, maar dit beteken nie jy moenie probeer nie. Met die Maan in die Skerpioen is jou emosies veel intenser as gewoonlik.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Kompulsiewe denke is vandag ’n gevaar, maar dit sal nie help om jou oor goed te bekommer nie. Streef daarna om minder obsessief en meer proaktief te wees. Ware sekerheid en gemoedsrus kom van binne.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jou geldsake lyk dalk vandag onvoorspelbaar. Stel dit dus uit om ’n belangrike finansiële besluit te neem of iets te onderteken tot sake bedaar het.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die son skyn in jou selfbeeldsone. Vind dus kreatiewe maniere om jou innerlike vertroue te koester. Onthou, jy is meer as jou werk, hoeveel jy verdien of wat jy besit.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Wanneer jy vandag met geliefdes kommunikeer, probeer by die feite hou. Anders raak jy dalk meegevoer en raak iets simpel kwyt wat jy dadelik berou.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Met dié dat die son deur jou raaiselsone beweeg, is jy gretig om ’n geheim of twee op te los. Maar geldsake is tans onvoorspelbaar; hou dus jou begeerte om geld te blaas in toom.