JOU DAG

Streef daarna om die balans tussen georganiseerd wees en spontaniteit reg te kry.

AS JY VANDAG VERJAAR

Maak seker jy gebruik jou kreatiewe talente in die komende jaar. Januarie en Februarie volgende jaar is die beste maande om verlief te raak, ’n huweliksaansoek te doen, te trou of jou huweliksbeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Beskou jou doelwitte en strewes uit ’n praktiese oogpunt. Doen jy wat jy graag wil doen? Volg jy die regte pad? Moenie sommer net voortgaan nie; dis tyd om jou planne ingrypend reg te pluk.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Markeer vandag die pas, Bul. As jy navorsing of leeswerk moet doen, of rekeninge betaal, moenie oorhaastig wees nie; maak seker jy gebruik jou tyd. Wat ’n gesinsaak betref, moet jy ’n ongewone, nuwe benadering volg.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dis tyd om te meng en rond te gaan, te gesels en selfoonboodskappe te stuur, gesprekke te voer en te kommunikeer. Maar hou terselfdertyd jou voete vas op die aarde. As jy spelerig en prakties is, gaan die dag bevredigend verloop.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Voel jy vasgevang by die werk? Of karring jy aan met ’n loopbaan wat in ’n doodloopstraat is? Uranus moedig jou aan om ’n slim, berekende risiko te loop terwyl jy dinge omkrap met ’n brawe nuwe geldmaakpoging.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Ons roep alle gesellige Leeus! Dit is ’n fantastiese dag om in aanraking te kom met intieme vriende wat ver bly, interessante nuwe internasionale bande te smee of ’n wankelende vriendskap nader aan die huis te stabiliseer.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dit is hoog tyd dat jy doelwitte stel en groot drome droom oor die toekoms. En moet hulle nou ook nie alte veilig en sinvol maak nie! Soek goud, Maagd, aangesien Jupiter jou ambisieuse drome en kreatiewe planne help visualiseer.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Oppervlakkige praatjies gaan nie vandag waardeer word nie. Moenie net oor die oppervlak heen beweeg nie; dis tyd om versigtiger te wees en aansienlik dieper te delf. ’n Spesiale verhouding raak ál opwindender soos die dag vorder.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Klou jy vas aan ’n grief? Vandag se vooruitsigte moedig jou aan om die verlede agter te laat terwyl jy vergewe en vergeet. “Daar is geen liefde sonder vergewensgesindheid nie en daar is geen vergewensgesindheid sonder liefde nie.”– Bryant McGill.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Mercurius en Jupiter beweeg albei deur jou loopbaansone; dis tyd om stimulerende maniere te vind vir werkstevredenheid. Daar is invloedryke mense wat alte graag sal help; jy hoef net te vra.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

’n Familielid kan jou verras met ’n onverwagte voorstel . . . maar voel dit asof jy in die verlede vassit en nie vorentoe kan beweeg nie? Wees net geduldig en wag op ’n geskikter tyd voor jy reageer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Uranus gee vandag ’n bietjie elektriese opwinding aan ’n intieme verhouding. Enkellopendes, soek ’n minnaar met ’n Boheemse vonk – iemand wat buite jou gemaksone is en jou op ’n groot avontuur kan saamneem.

VISSE, 20 Feb .-20 Mrt.

Soek hulp as jy nie by die werk raakgesien word nie. Deel jou doelwitte en verwagtings met ’n vriend/in of familielid wat jy vertrou. Dit sal jou selfvertroue ’n hupstoot gee terwyl jy daarna streef om jou drome te bewaarheid.