pisces-hg-w

JOU DAG

Doen jou bes om ’n slegte dag in ’n goeie te omskep.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is kreatief en daarmee saam geneig om jou aan ander te onttrek. 2017 is die jaar om die balans tussen werk, gesinsverantwoordelikhede en speeltyd reg te kry.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Met Mars in die vinnige Ram-teken, trippel gejaagde Ramme rond om weg te spring, maar impulsiewe oorhaastigheid kan jou vandag groot moeilikheid op die hals haal! Raak dus rustig en laat jou familie en vriende toe om jou in te haal.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Daar is tans baie dinge aan die gang en ander mense probeer jou dalk aanjaag. Neem jou tyd, Bul. Met jou gemaklike pas kan jy op jou eie, spesiale manier ongelooflik baie afgehandel kry.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Wat werk betref, hoe meer kreatief en strategies jy vandag te werk gaan, hoe meer suksesvol sal jy wees. As jy werk soek, vra raad en ondersteuning by ’n invloedryke kontak.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

’n Vriend of geliefde wil graag vinnig vorder met ’n projek, maar jy kort nog tyd. Pas jou aan, Krap, so nie gaan jy op die ou end teen jou wil die verkeerde rigting inslaan.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Hoe meer jy ander raadpleeg en met hulle saamwerk, hoe beter gaan jou dag raak. Dis ook nou ’n geleë tyd om jou gemoed en motivering te verander met ’n bietjie gesonde kos en verkwikkende oefening.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Maagde hou daarvan om nuttig te voel. Jy wil mense graag help, maar moet jou nie verbind tot meer as wat jy met gemak kan lewer nie. As jy dit doen, gaan jy op die ou end net gejaagd, gespanne en ooreis voel.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jupiter is tans in die Weegskaal, en dit verhoog jou neiging tot selfoorgawe. Weerstaan dus die versoeking om jou te ooreet, te veel geld uit te gee en te oorreageer. Vriendskappe en familieverhoudings word vandag bevoordeel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Positiewe Son/Pluto-aspekte sorg vir ’n dag vol diep gedagtes en vernuwende optrede. Jy het die vermoë om mense te raak met jou kreatiewe insigte – persoonlik, sowel as aanlyn.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Vandag is daar ’n neiging om dinge te oordoen, te veel geld uit te gee of om meer te belowe as waartoe jy in staat is. Jy hoef nie telkens oorboord te gaan om pret te hê en die lewe te geniet nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy voel vandag besonder energiek; probeer dus ’n bietjie stoom afblaas met sport of enige aktiwiteit wat dit kan help verbrand. ’n Strelende massering kan Steenbokke met ’n rustiger geaardheid help ontspan en kalmeer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

As geldsake tans knyp, moet jy kreatiewe nuwe maniere soek om jou kontantvloei te verbeter. Moet egter nie meegevoer raak deur lawwe Waterdraer-fantasievlugte wat ver van die werklikheid verwyder is nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Sosialiseer jy altyd met dieselfde groep vriende? Vandag se sterre moedig jou aan om jou vriendekring te vergroot en kreatiewe en passievolle nuwe mense in te sluit, professioneel sowel as sosiaal.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017