JOU DAG

Vandag is kreatiwiteit en produktiwiteit ’n kragtige kombinasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan baie oortuigend wees en dis belangrik dat jy altyd uitdagende doelwitte het om na te streef. Oktober en November is gunstige maande vir geldsake.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy het lus om iets te doen waarvoor jy baie lief is, soos sport, ’n kreatiewe projek of ’n gunstelingstokperdjie. Moenie oorhaastig raak nie! gebeur dit, gaan jy dalk dinge uitblaker waaroor jy later spyt kan kry.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Bring ’n bietjie gehaltetyd saam met familielede deur: onthaal tuis of pak ’n selfdoenprojek by die huis aan. Wat geldsake betref, moet jy jou somme maak en jou voete op die grond hou.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dis die perfekte dag om op die hoogte te kom van die jongste nuus en die stand van sake; dus moet jy heelwat telefoonoproepe, e-posse, SMS’e en twiets te wagte wees. Weerstaan tog die versoeking om te gis oor mense en situasies wat jou nie aangaan nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy is in ’n vrygewige luim terwyl jy met vriende en kollegas sosialiseer. Jy gaan ook iets uitspattigs teëkom wat jou oog gaan vang, in die winkels of aanlyn. Maar kan jy dit bekostig?

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Leeus wil graag die beste wees, maar om ander mense eerste te stel, is tans die geheim tot wonderlike verhoudings. Bedink ook opregte maniere om ander te komplimenteer oor werk wat hulle goed doen.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Vandag vereis ander mense jou onverdeelde aandag en jy wil nie hul gevoelens seermaak deur nee te sê nie. Jy het egter beslis ’n bietjie tyd nodig om uitgeputte kragte te herwin.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale in verhoudings, let op. Wat ’n belangrike doelwit betref, maak seker jy en jou maat is op dieselfde bladsy. Enkellopendes, kan jy onderskei tussen ’n droomafspraak en ’n teleurstellende foefie? Wees meer realisties.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wat werk aanbetref, sluk jou trots en sorteer ’n verwarrende konflik uit wat tussen jou en ’n kollega of kliënt ontstaan het. As jy hard genoeg probeer, kan jy regtig jou sjarme na vore bring.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is vandag in ’n bui om feitlik alles te oordoen, Boogskutter. Jy is ook gretig om ander mense te help en jou bedoelings is opreg, maar moenie meer belowe as wat jy kan lewer nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie vandag aanneem jy weet hoe ander mense voel nie. ’n Bietjie ekstra takt en diskresie word verlang. Daar gaan baie onder die dekmantel aan; dus smeek Saturnus jou om terug te tree en nog ’n slag te kyk.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Met dié dat die maan wat in jou verhoudingsone ronddwaal, val die klem weg van jou af en op belangrike mense in jou lewe. Probeer dus om ’n huidige situasie uit hul oogpunt te beskou.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dis tyd om van jou gewone roetine weg te breek en jou liggaam te versorg met ’n spesiale behandeling, soos ’n professionele voetbehandeling, ’n ontspannende masseersessie of ’n lang, luukse aromaterapeutiese badsessie.