JOU DAG

Doen vandag jou bes om van die wêreld ’n beter plek te maak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n ernstige mens en is baie toegewyd aan jou werk. Kry in die volgende 12 maande die balans tussen jou persoonlike en jou professionele lewe reg.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die magtige Mars storm tot 27 September deur Boogskutter, jou medevuurteken. Daar is dus ’n fyn lyn tussen proaktief en gewoonweg opdringerig wees. Streef daarna om vol selfvertroue en samewerking te wees.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Wat ’n gesamentlike finansiële ooreenkoms of ’n intieme verhouding betref, moet jy meer proaktief en prakties raak. Mars moedig jou aan om tot aksie oor te gaan, terwyl Saturnus jou waarsku om eers jou huiswerk te doen.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Met Mercurius wat agteruit deur jou huishoudelike sone beweeg, moet jy meer doen om by die huis harmonie en geluk te skep. Versorging en omgee vir geliefdes sal jou met ’n warm innerlike gloed laat.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Vandag se sterre bevoordeel proaktiwiteit oor jou gevoelens en om te sê wat werklik op jou hart is, op ’n versigtige Kreef-manier. Wees veral diplomaties met ’n weerspannige familielid of buurman.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Met Mercurius in trurat is verwarring ten opsigte van geld baie waarskynlik – tensy jy alles onder beheer het. As jy nie jou geldsake self kan reël nie, kry ’n professionele mens wat kan.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius beweeg steeds agteruit deur jou teken. Dit moedig jou aan om ’n persoonlike projek of jou voorkoms te herevalueer. Moet egter nie voor 22 September enige groot veranderings aanbring nie.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Venus flankeer deur jou teken, dus is jy in ’n flirterige bui terwyl jy ander mense verbaas met jou sjarme en styl. Maar met Mercurius in trurat moet jy die mense versigtig kies met wie jy flikkers gooi.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Is geldsake heeltyd in jou gedagtes? Hou op om jou oor geld te bekommer en doen liewer iets tasbaars daaraan. Hoe meer proaktief jy is oor die manier waarop jy jou kontantvloei kan verhoog, hoe meer sukses gaan jy behaal.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is tans baie bewus van groepwaardes. Julle almal kan kry waarna julle soek as julle saamwerk om wen-wen-oplossings te kry. Dit verg ekstra tyd, maar dis die moeite werd.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

As jy jou kennis uitbrei, sal dit nuwe wêrelde oopmaak. Moenie sommer sogenaamde feite goedsmoeds aanvaar nie. Doen navorsing en kyk dieper as die oppervlak om uit te vind wat werklik aangaan.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Wees versigtig oor hoe jy vandag met ander mense kommunikeer. As jy tot vinnige gevolgtrekkings kom, gaan daar misverstande wees. Neem dus jou tyd om regtig na ander te luister.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

’n Romantiese verhouding gaan geleidelik verbeter, solank jy jou voorbehoude laat vaar en dinge ’n kans gee. Enkellopendes: Soek liefde by ’n veelsydige Maagd of ’n sjarmante Kreef.

© Joanne Madeline Moore