JOU DAG

Dis tyd vir speel. Los veeleisende take vir ’n ander dag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het in 2016 die mag om besluite in jou plaaslike gemeenskap te beïnvloed. Moenie die kans verspeel om ’n verskil te maak nie.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die gejaagde Ram is geneig om laat te gaan slaap en vroeg op te staan. Verstadig jou pas en bring tyd deur saam met familie en vriende. Doen behoorlik navorsing oor ’n projek voor jy daarmee begin.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die omstandighede is gunstig vir allerhande soorte verhoudings met die planete wat vir harmonie sorg. Dia die ideale tyd om jou moue op te rol en probleme met ’n maat, kind, vriend of kollega uit te stryk.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Verwag ’n besonder besige dag – jy gesels met kollegas of kom op hoogte van wat in gesinslede of vriende se lewe aangaan. Enkellopende Tweelinge kan blywende liefde soek by iemand wat betroubaar en emosioneel volwasse is.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dis ’n wonderlike dag om verhoudings met familie en vriendskappe te bou solank jy duidelik kommunikeer. Andersins sal daar onnodige misverstande en verwarring wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jou interaksie met familie en vriende behoort vandag prettig te wees aangesien vorige probleme by die deur uit is. Jy fokus op samewerking en gesellige gesprekke. Maak die meeste daarvan terwyl dit hou!

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Is jy verward oor die rigting wat ’n verhouding inslaan? Luister na jou intuïsie – dit sal jou in die regte rigting lei. Bêre moeilike papierwerk vir later as jy kan.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Moenie ’n lui Weegskaal wees nie! Wees sorgsaam en deernisvol teenoor gesinslede en dit sal na jou toe terugkom. Jy aanvaar huishoudelike verantwoordelikhede met ’n glimlag.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die fokus is op pret in verhoudings – jy begin met ’n onderneming of pak ’n kreatiewe projek aan saam met iemand wat soos jy dink. Sê hoe jy oor werk of skool voel.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Moenie voel jy moet alles op jou eie vermag nie. Hoe meer jy familie en vriende by jou drome en planne vir die toekoms betrek hoe groter is die moontlikheid dat dit bewaarheid sal word.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy voel vandag dalk ontmoedig omdat dit skielik vir jou lyk of langtermyndoelwitte buite jou bereik is. Die gaping tussen drome en werklikheid is groot, maar jy sal met baie geduld uiteindelik daar kom.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die planete laat die kollig val op vennootskappe en vrolike geselskap. Jy ruil nuus oor die buurt, bekendes en positiewe nuusgebeure uit. Hou die onderwerpe lig en lewendig!

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Weerstaan die versoeking om ’n groot geheim van jou maat te weerhou. Enkellopende Vis, bedrieg jy jouself oor die ideale maat? Dalk moet jy meer realisties wees?