JOU DAG
Weerstaan die versoeking om vandag iets onvanpas uit te blaker.

AS JY VANDAG VERJAAR
Met jou bekwaamheid en vaardigheid stel jy hoë standaarde aan jouself – en almal om jou. Wys vanjaar meer energie en geesdrif in intieme vriendskappe.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Oorhaastige kommentaar kan jou vandag in die pekel laat beland terwyl jy instorm en ’n sensitiewe situasie vererger. Dis beter om stil te sit, jou mond te snoer en jou menings vir jouself te hou.

BUL, 21 Apr.-21 Mei
’n Persoonlike of sakeverhouding lyk vandag vurig. Die maan en Mercurius vuur passie aan en verkort geduld. Die verantwoordelikheid rus op jou om kalm en bestendig te bly.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Die maan en Mercurius is teenstrydig met mekaar; wees versigtig hoe jy vandag met ander mense kommunikeer, veral met geliefdes. Maak ook vooraf seker van alle afsprake en vergaderings.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Met jou heerser-maan wat teenoor Mercurius staan, sal jy vandag hard moet werk aan duidelike kommunikasie met geliefdes. Anders gaan verwarrings en misverstande voorkom.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Wees ekstra versigtig as jy vandag boodskappe of SMS’e stuur, aangesien die maan en Mercurius telekommunikasie deurmekaarkrap. Rugsteun dokumente en gaan alle boodskappe na voor jy dit stuur.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
’n Verhouding met ’n kollega of gesinslid kan vandag ’n mynveld raak. Mercurius verwar kommunikasie en belemmer jou pogings om vooruitgang te maak. Takt is die enigste oplossing.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Jy is gretig om met ander mense saam te werk, veral by die werk. Moenie toelaat dat hulle inbars en jou op die kantlyn laat nie. Wat finansies betref, gaan ’n onverskillige benadering jou op die lange duur geensins geld bespaar nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
As jy duidelik kommunikeer en jou netwerk van vriende en kollegas koester, sal jy ’n bevredigende dag ervaar. Finansiële sake lyk kompleks; maak seker jy doen die nodige navorsing.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Jy is ongeduldig vir resultate. As jy egter ander mense aanjaag, gaan jy net met weerstand en probleme te doen kry. Mik daarna om meer konsulterend en inklusief te wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Jou gedagtes gons van die idees, maar die maan en Mercurius gaan jou gewone roetine heel waarskynlik deurmekaarkrap. Dit gaan geduld en volharding verg om jou abstrakte idees in praktiese projekte om te skakel.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
’n Toutrekkery kan voorkom tussen jou verstand en hart. Jy moet ’n belangrike besluit neem. ’n Tweevoudige benadering is die beste uitweg. Weeg eers al die feite op en gebruik jou intuïsie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Mercurius beweeg tot 21 Junie deur jou huishoudelike sone. Die tyd is volmaak vir diplomatiese Visse om duidelik met familielede te kommunikeer en gereeld te beraadslaag.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017