JOU DAG

Venus is tans in die Waterdraer; daarom lyk vryheid, vriendskappe en groepaktiwiteite gunstig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n ontembare gees; dit lei daartoe dat jy sukses behaal met die meeste goed wat jy aanpak. 2017 is die jaar om minder gespanne en meer beslissend te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Venus moedig jou aan om oor jou toekomsdoelwitte te praat en jou uitkyk te verbreed. Groepaktiwiteite en die sosiale media word bevoordeel. Jy sal met ’n groter verskeidenheid kreatiewe mense kommunikeer.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Venus is tot 3 Januarie in jou beroepsone, wat dit die ideale tyd maak om jou werkruimte op te kikker. Sosialisering met vriende sal werkverhoudings en jou sosiale lewe aansienlik verbeter.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Met Venus wat jou reissone besoek, moet jy ’n kort reis iewers binne die volgende drie weke beplan. Of jy nou naby of ver gaan reis, maak seker dit is iewers spesiaals -- ’n plek wat jy regtig sal geniet.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie toelaat dat ander mense nou jou selfvertroue ondermyn nie. Met ’n sterk selfbeeld kan jy enige berg uitklim, enige storm aandurf en enige onstuimige see bevaar.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Venus, die vredesplaneet, besoek jou verhoudingsone tot 3 Januarie. Dit beteken net goeie goed vir alle soorte vennootskappe – of dit nou romanties, platonies of van die sakesoort is.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Met Venus wat tot in jou welsynsone skuif, is dit tyd om ’n dieet en oefenprogram te kies wat jy werklik geniet. Wees realisties. As dit te moeilik of beperkend is, sal jy dit nie lank kan volg nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Maak seker jy skakel oor die volgende drie weke by kreatiewe mense in. Intieme verhoudings kom in die kollig, terwyl jy langtermynkontakte met eendersdenkende mense opbou.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Oos wes, tuis bes met Venus, die vredesplaneet, wat tot 3 Januarie deur jou huishoudelike sone beweeg. Die tyd is ideaal om gesinslede op ’n koel, kalm en ekstra diplomatiese manier te hanteer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Venus skuif tot in jou sosiale netwerksone; streef dus daarna om jou sosialemedia-teenwoordigheid so gou moontlik te verhoog. Praat, SMS, twiet en stuur jou hart uit. Die wêreld wag om te hoor wat jy te sê het.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Is jy bekommerd oor geld? Venus beweeg tot 3 Januarie deur jou geldsone en dit is voordelig vir finansiële sake. Dit bevoordeel ook ’n kreatiewe gesamentlike onderneming.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Met Venus wat jou teken tot 3 Januarie besoek is jy op jou betowerende beste. Maak die meeste daarvan terwyl jy almal om jou bekoor en maak gebruik van ’n paar ou gunsies wat aan jou geskuld word.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Venus skuif tot in jou geestesone. Pas jou aan, verminder spoed en geniet dit om na binne te kyk. Alleentyd met joga, meditasie of nabetragting is tans noodsaaklike sielskos vir jou.

© Joanne Madeline Moore