JOU DAG

Verwag ’n intense dag en pasop wat jy sê.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n kreatiewe en verbeeldingryke siel. Die volgende 12 maande moet jy persoonlike projekte en bevredigende verhoudings aan die gang hou. Balans is die sleutel.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie baasspelerig wees nie en streef daarna om vandag eerder selfversekerd as aggressief te wees. As jy ’n sensitiewe saak oor die familie of jou werk teëkom, moet jy die drang onderdruk om ander mense te oordeel en tot haastige gevolgtrekkings te kom.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy kan jou diep in ’n meningsverskil of misverstand met ’n geliefde bevind indien jy hardkoppig of eiewys is. Duidelike kommunikasie is die geheim tot ’n taamlik rustige dag.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Kommunikasie met ander mense gaan ingewikkeld wees aangesien jy onder die oppervlak grawe en by die wortel van ou emosionele kwessies uitkom. Moenie enige groot geldskuiwe maak voor jy nie eers al die navorsing gedoen het nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Verwag vandag magspeletjies in intieme verhoudings. As jy probeer om te veel hooi op jou vurk te laai, gaan jy bloot aan die einde geweldig gespanne voel. Ontspan, markeer jou pas en gee een tree op ’n keer.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Moenie te veel take gelyk probeer uitvoer nie, aangesien irritasievlakke hoog en energievlakke laag is. Probeer skoorsoekerige mense en sensitiewe onderwerpe vermy, omdat dit moeilik gaan wees om jou ware gevoelens weg te steek.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Is mense bewus van al die werk wat jy agter die skerms doen? Jou pogings sal wel vorentoe raakgesien word, dus moet jy nie teleurgestel voel as ander mense nie tans hul waardering toon nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Iemand kan jou dalk vandag skuldig laat voel oor die manier waarop jy verantwoordelikhede by die werk en huislike pligte probeer balanseer. Moenie bekommerd raak nie. Gaan net voort teen die rustige pas wat jy self gekies het.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy het ’n sterk drang om ander mense te oorreed om te doen wat jy wil doen. As jy egter probeer om ander te beheer en te manipuleer, gaan jy bloot ’n lawaaierige, uitputtende dag beleef. Drink maar ’n kalmeerpilletjie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

As jy die eerste ding uiter wat in jou gedagtes opkom, gaan jy jouself in die pekel bevind. Huidige verhoudings en situasies is meer ingewikkeld as wat dit op die oog af lyk.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer jy probeer om jou baasskap af te dwing – veral ten opsigte van geliefdes – hoe treuriger gaan die dag wees. Onthou net, jy kan nie altyd die baas wees nie. Streef daarna om meer demokraties te wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Vandag kan onderbrekings en misverstande voorkom, aangesien ander mense op jou vryheidsliewende tone trap. Jy weet wat jy wil doen, maar dit is moontlik nie wat ander mense verwag – of van hou – nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Het jy verhoudingsaangeleenthede vermy? Waag dit net om vandag geliefdes af te skeep! As ander mense glo jy doen nie jou bes nie, sal hulle hul gevoelens hard en duidelik aan jou oordra.