JOU DAG

Wat die meeste goed betref, moet jy vandag die onverwagse verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is intuïtief en verbeeldingryk. Februarie en Julie is die romantiesste maande vir ’n eerste afspraak, verlief raak, die jawoord vra, trou of jou huweliksbeloftes hernu.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Rustelose Ramme voel baie stroomop! Wanneer ander jou vra om iets te doen, sal jy waarskynlik die teenoorgestelde doen. Hopelik krap jy nie in die proses te veel mense om nie . . .

BUL 21 Apr.-21 Mei

Reisplanne en opvoedkundige sake lyk baie deurmekaar, want die son en Uranus bring onverwagse ontwrigting oor jou pad. Hoe koppiger en onbuigsamer jy is, hoe moeiliker sal die dag wees.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Hou vas aan jul sitplek, Tweelinge – werksake en/of verhoudings lyk vandag baie ontstuimig. Jy sal skop teen die beperkings wat op jou geplaas word en ander kan al hoe onvoorspelbaarder reageer.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

As jy vandag aan die ontvangkant van onbedoelde harde woorde is, weerstaan die versoeking om terug te kap. Moenie dat dit jou van stryk bring nie. Gee ook aandag aan die simboliese boodskappe in jou drome.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Intens, onvoorspelbaar en onredelik – dit is hoe Leeus vandag is. Innerlike kompulsies en uiterlike rusteloosheid beïnvloed jou – vermy dus die neem van belangrike besluite tot jy rustiger voel.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy sal waarskynlik obessief raak oor ’n situasie wat ’n kind, tiener of vriend behels. Vermy langtermyn-besluite tot jy die situasie uit ’n objektiewer en kalmer hoek kan beskou.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

’n Liefdes- of familieverhouding sal vandag baie intens en onvoorspelbaar wees. Die beste astrologiese raad is om net aan die kantlyk te sit en wag tot sake eindelik tot bedaring kom.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Vermy dit om in ’n vervelige groef te verval. Die son en Uranus druk jou met spontane ompaaie om gewone roetine te verander. Dit sal jou verward – en baie lewendiger – laat voel.

BOOGSKUTTER 23 Nov.- 21 Des.

Jou geldsake lyk ingewikkeld en onvoorspelbaar – vermy dit dus vandag om finansiële besluite te neem. Geldsake en vriende is ’n besonder morsige mengsel – strewe dus daarna om die twee apart te hou.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die son en Pluto is albei in jou teken. Dit versterk jou geneigheid tot stres en plaas jou in ’n baasspelerige bui, wat ander dalk nie sal waardeer nie. Kalmeer en verslap die pas.

WATERDRAER 21 Jan. -19 Feb.

Jy sal waarskynlik vandag ’n bietjie eiesinnig wees, want die son en Uranus blaas jou rebelse kant aan. As jy moet moeilikheid maak, sorg dat dit oor iets belangrik is.

VIS 20 Feb- 20 Mrt.

Die son en Uranus wakker jou spontane kant aan. Dit is in die haak, mits jy geld het om op inkopies te blaas. Indien nie, moet jy jou op ’n ander manier vermaak.