JOU DAG

Die nuwemaan bring ’n tyd van hernieude energie en magiese beginpunte.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy moet oor die volgende 12 maande daarna mik om die balans tussen werk en speel reg te kry. Maar weerstaan die drang om gedurig ongeduldig te wees. Julie is ’n wonderlike maand vir die liefde en romanse.

RAM, 21Mrt.-20 Apr.

Die nuwemaan is in die oorywerige Ram; dus is dit die beste dag van die jaar om nuwe voornemens te maak, onverskrokke idees aan te voor en drome in goeie dade te omskep deur middel van produktiewe projekte. Geen verskonings nie, Ram!

BUL, 21Apr.-21 Mei

Het jy rondgehardloop soos ’n besige Bul op steroïede? Draai rem aan! Die nuwemaan moedig jou aan om plek in te ruim in jou oorvol rooster vir ’n bietjie rus, ontspanning, nadenke en herstel.

TWEELING, 22 Mei-21Jun.

Die nuwemaan dring daarop aan dat jy jou sosiale kontakte verjong. Dit is dus die aangewese tyd om by ’n klub of plaaslike organisasie aan te sluit, jou beroepskontakte te koester en jou natuurlike netwerkvaardighede te slyp.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die nuwemaan karring in jou loopbaan/reputasiesone; dus kan jy jou maar regmaak vir ’n klompie verrassings in die komende maand. Werk sal onvoorspelbaar wees, of raak ander mense dalk onverwagte dinge oor jou kwyt?

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Het die lewe in Leeuland te voorspelbaar geraak? Die nuwemaan aktiveer jou avontuursone; dus is dit tyd dat jy ’n nuwe geur by die mengsel invoeg deur te reis of in verbinding te kom met vriende oorsee.

MAAGD, 24 Aug.- 23 Sept.

Verbonde Maagde, met die nuwemaan wat jou sensuele sy aanwakker is dit tyd om intiem en persoonlik met jou maat te raak. Enkellopendes, soek ’n geliefde wat goedhartig, kreatief en meelewend is.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Is jy altyd die gewer terwyl jou geliefde net ontvang? Balans gee die deurslag. Enkellopendes, hou op soek na die “volmaakte” maat. Soek liewer iemand wat jou in opwindende nuwe rigtings laat beur.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die nuwemaan vuur jou goedvoelsone aan; dus is dit die ideale tyd om jou eetgewoontes te verbeter en ook om prettige maniere te vind om jou fiksheid te verbeter. Vermy intussen die versoeking om besitlik te wees.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is in die luim vir pret en plesier. Oorleg en beplanning is nodig sodat jy die meeste kan put uit jou opwelling van energie, en impulsiewe optrede en nare foute vermy.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Net werk, werk, werk en geen ontspanning nie, maak Bokke knorrig en bitter moeilik om mee saam te leef. Die nuwemaan moedig jou aan om die balans tussen jou huis en jou werk aan te pas sodat dit meer gebalanseerd is – en aansienlik meer gesinsvriendelik.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die nuwemaan stimuleer jou aanlyn sone; dus is dit ’n wonderlike tyd om ’n sosialemediarekening op te stel of met ’n blog of webtuiste te begin. Met ’n vars formaat en skeppende idees kan jy dit ver bring in die kuberruim.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Geld het die neiging om soos water deur Visse se vingers te loop. Die nuwemaan aktiveer jou geldsone; dus is dit die beste tyd van die jaar om jou tot ’n nuwe, verantwoordelike geldplan te verbind. En dan daarby te hou!