JOU DAG

Dit is ’n gunstige tyd om flieks te kyk of boeke te lees oor misdaad of onopgeloste geheime.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou optimisme en lewenslustigheid is jy aangevuur om dinge af te handel. Die volgende 12 maande is die tyd om finansieel driftig, professioneel kreatief en romanties avontuurlik te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou kort aandagspan gaan getoets word – veral by die werk – waar ’n projek vereis dat jy langer as 60 sekondes moet konsentreer. Met volharding en toewyding sal jy die taak afhandel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie aanneem jy weet hoe ’n geliefde voel nie. Heelwat gaan onder die oppervlak aan. Jy sal ook ’n ent in hul skoene moet stap om regtig te kan verstaan wat hulle dryf.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Tweelinge sal aktief moet bly. Met Venus in jou welsynsone moet jy leer om te hou van die goed wat goed is vir jou: dinge soos voedsame kos, gereelde oefening en om tyd in die natuur deur te bring.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy gaan lus kry om saam met familie en vriende in ’n mooi omgewing te kuier. Jy kan ook heelwat leer van die jong kinders in jou lewe, soos om elke dag te vat soos dit kom.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Wat die sosiale media betref, kan jy met probleme en misverstande te doen kry as jy net die eerste ding skryf wat by jou opkom. Deurdink eers alles voor jy publiseer, stuur, SMS of twiet.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dis tyd vir pret. Venus seën vandag alle vorme van kommunikasie, terwyl jy met styl sosialiseer en mense ontmoet. Jy kan ook binnekort ’n bietjie goeie nuus deur die sosiale media verwag.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy is in die bui vir oorgawe, maar moenie in die proses roetinetakies om die huis afskeep nie. As jy dit doen, gaan gesinslede jou gou aan jou huishoudelike pligte herinner.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die Venus/Pluto-verbinding moedig diep emosie, intense kontak en heelwat passie aan. Maak dus seker jy behou vandag noue kontak met iemand spesiaals.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Stadig nou. As jy jaag, gaan jy belangrike besonderhede miskyk. Deurdink ’n probleem op ’n meer filosofiese wyse. Miskien is daar opsies wat jy nog nie oorweeg het nie?

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Probeer om nie ’n alleenloper te word nie. As jy intieme vriendskappe vertroetel en met kollegas aanlyn kommunikeer, kan jy jou talente met ’n kreatiewe spanpoging kombineer. Jy sal egter geduld moet beoefen.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Is daar ’n probleem wat jou pla? Om daaroor bekommerd te bly, gaan jou nêrens bring nie. As jy na die wysheid van die stemmetjie in jou binneste luister, sal jou intuïsie jou die regte rigting aanwys.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Met die maan en Saturnus wat jou beroepsone besoek, is jy dalk oor werkgeleenthede gekwel. Jy sal sien hoe meer geduldig en produktief jy raak, hoe beter gaan die eindresultaat wees.

© Joanne Madeline Moore