JOU DAG

Mercurius in die teken van die Leeu bevoordeel kunstige uitdrukkings en kreatiewe kommunikasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dol daaroor om op baie persoonlike wyse by projekte betrokke te wees, maar weerstaan die versoeking om te besitlik te wees. Leer om minder ernstig te wees en ’n bietjie pret te hê!

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Met die nuuskierige Mercurius wat tot in jou vermaaklikheidsone beweeg, is dit tyd om ’n ou stokperdjie te hervat of met ’n nuwe een te begin. Geniet ook ’n paar lewendige geselsies met ’n kind, tiener of intieme vriend/in.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Vandag se sterre beklemtoon bestendige gesprekke en kreatiewe kommunikasie terwyl jy die geselskap van vriende en familie geniet. Gebruik ook jou tyd om te verstaan waardeur ’n geliefde werklik gaan.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Tweelinge is in die bui vir gesels! Jou heersende planeet, Mercurius, beweeg tot in jou kommunikasiesone. Jy is dus gretig om jou idees te deel en heelwat stimulerende gesprekke met interessante mense te geniet.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Daar is ’n neiging om spandabel te wees, maar jou wenslys is heelwat groter as jou huidige bankbalans. Mercurius moedig jou aan om baie meer finansieel geletterd te raak. Onthou: Kennis is mag.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die kommunikasieplaneet, Mercurius, beweeg tot 25 Julie deur jou teken. Dit is die ideale tyd om jou op uiteenlopende kreatiewe maniere mondelings of skriftelik uit te druk.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Moenie te eng raak in jou benadering en glo daar is net een manier waarop jy jou doelwitte en drome kan bereik nie. Daar is vele weë tot sukses, en een van jou sterker punte is jou veelsydigheid.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Met Mercurius wat nou deur jou netwerksone beweeg, moet jy jou groep uitbrei om stimulerende en kreatiewe mense daarby in te sluit. Gebruik jou intuïsie om ’n moeilike probleem by die werk te help oplos.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die planete bied vandag professionele aansporing, maar moenie dinge oordoen nie. Jy is selfversekerd oor jou vermoëns, maar dit moet getemper word met ’n tikkie nederigheid en ’n gewilligheid om te leer.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Mercurius beweeg deur jou reissone, so dit is tyd om met jou oorsese kontakte te kommunikeer. As jy jou selfs meer sjarmant as gewoonlik is, sal jy ’n paar nuttige langtermynkontakte ontdek.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Verbonde Steenbok: Openhartige gesprekke met jou maat gaan lei tot ’n baie nodige professionele of persoonlike deurbraak. As jy enkellopend is en liefde soek, sal jy proaktief moet wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Met Mercurius wat tot in jou verhoudingsone beweeg, gaan jy ál beter voel hoe meer jy met geliefdes kommunikeer. Moenie te onafhanklik raak nie. En as jy hulp nodig het, moenie huiwer om uit te reik en te vra nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Mercurius beweeg deur jou werksone. Mik daarna om by die werk nuuskieriger, kreatiewer en geesdriftigter te wees en meer te kommunikeer. As jy spoed verloor, gaan jy agterweë bly.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.