Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

aries-hg-w

JOU DAG

Die Mars/Pluto-trigoon moedig geesdrif en volharding aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is van nature voortvarend en waaghalsig, maar jy kan soms wisselvallig wees. Die volgende 12 maande is die tyd om meer georganiseerd ten opsigte van werk te wees en meer kreatief ten opsigte van spel.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Kanalisering van jou energie na professionele projekte gaan jou vandag heelwat ekstra woema gee. Neem inisiatief met sakeondernemings, maar maak seker dat jy ook delegeer en beraadslaag.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie wag vir gelukkies om na jou kant toe te kom nie. Slim Bulle sal in die toekoms slaag deur hul oë en ore oop te hou vir geleenthede. Wanneer dit dan opduik, gaan jy gereed wees om te storm.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Agteroorsit en ander mense toelaat om besluite te neem, gaan jou net verlam en kragteloos laat voel. Baie goed gebeur agter die skerms, dus moet jy eers die nodige navorsing op jou tyd doen.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Vertroetel verhoudings met familie en vriende wat jou hoop en drome vir die toekoms aanmoedig. Enkellopendes kan romanse by iemand soek wat wys en volwasse is vir hul ouderdom.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vandag se Mars/Pluto-trigoon pas jou styl, aangesien dit denke en optrede op puik proaktiewe en produktiewe maniere aanmoedig. As jy oop is vir opwindende nuwe projekte, is daar geen perke nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dit is tyd om groot drome te droom en dan te kyk hoe dit by jou toekomsplanne inpas. Mars moedig jou aan om saam met kinders of vriende fisiek aan die gang te kom met oefening, sport of buitemuurse aktiwiteite.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Met Venus, jou heersende planeet, wat nog altyd agteruit beweeg, kan jy oor die volgende twee weke ’n paar haakplekke op romantiese gebied verwag. Enkellopendes, die liefde word vertraag, dus sal jy geduldig moet wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy het vandag ’n keuse: Jy kan supersterk en passievol wees of afdwingend en beheersugtig. Mik daarna om jou energie op positiewe en proaktiewe maniere te gebruik.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die proaktiewe Mars en strategiese Pluto moedig jou aan om jou neseier te versorg. Probeer jou bes om slim en betroubare maniere te kry om geld in die toekoms selfs harder vir jou te laat werk.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy is gretig om vandag in beheer te wees. As jy egter te veel wil baasspeel oor ander mense, gaan jy verras word deur hul reaksie. En trap superversigtig met ’n geliefde of buurman.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Moenie jou kop in die sand begrawe oor finansiële sake nie. Vermyding gaan dinge op die lange duur net vererger. Enkellopendes, soek ’n maat wat passievol en proaktief is.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Enkellopendes, met Venus wat die volgende twee weke agteruit deur jou teken beweeg, kan jy ’n paar romantiese terugslae verwag in jou soeke na ’n maat. Die lewe gaan beslis nie saai wees nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017