JOU DAG

Hou in gedagte dat baie mense vandag emosioneel terughoudend sal wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n gebore realis met baie talente en ’n brandende begeerte om suksesvol te wees. In 2016 moet jy meer droom en minder bekommerd wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Dis ’n goeie dag om jou daaglikse dieet en oefenroetine behoorlik te beskou. As jy nou goeie gewoontes vestig, sal dit tot minder probleme in die toekoms lei. Probeer dus verantwoordelik en proaktief wees.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Maak iemand misbruik van jou dierbare geaardheid? Jy moet vandag ferm wees en jou voet neersit wat ’n kind, tiener of vriend betref. Dan sal jy hul aandag hê en hulle sal kennis neem.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dit sal moeilik wees om van verhoudingskwessies weg te hardloop. Saturnus vereis dat jy verantwoordelikheid aanvaar vir jou aandeel in enige huidige probleme. Kommunikasie en kompromieë is die wyse weg wat jy moet volg.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy vind dit dalk moeilik om vandag tot ’n vriend of gesinslid deur te dring – veral op ’n emosionele vlak. Moenie dat dit jou onderkry nie. Dis net ’n klein hobbel op die verhoudingspad!

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Gesinsake sal vandag frustrerend wees. ’n Geliefde verwerp jou hulp of kritiseer jou pogings. Moenie terugkap nie. Probeer reageer liewer met begrip en ’n sonnige Leeu-glimlag.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Stem jy nie met ’n kollega of gesinslid saam nie? Dis tyd om die gesprek weer te laat vloei. Aanvaar die olyftakkie van vrede. Hou op praat en begin luister.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die ernstige Saturnus ontmoedig jou om toegeneentheid te wys. Moenie te veel terugvoering van geliefdes verwag nie. Hulle is besig om hul eie persoonlike probleme uit te sorteer.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die Skerpioen kan nogal onvergewensgesind wees. Klou jy vas aan ’n wrok teen ’n familielid? Dis tyd om uitgediende opvattings te bevraagteken en los te breek van die verlede. Dan kan jy vorentoe kyk.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die maan en Saturnus is saam in jou teken en maak dat jy min energie en entoesiasme het. As jy hard werk aan ’n uitdagende projek, sal jy baie beter oor jouself voel.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie vandag te hard op ander wees nie. Onthou net, nie almal is so pligsgetrou en het sulke hoë standaarde soos jy nie. Maar hulle het baie ander talente en kan ’n bydrae lewer.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Deurdink sake goed en oorweeg jou opsies voor jy sê wat jy dink. Andersins kan misverstande ontstaan. Probeer om die vredemaker te wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Het jy jou maat op ’n onmoontlik hoë troontjie geplaas? Enkellopende moet ophou soek na die ideale sielsmaat. Leer om mense foute en al lief te kry – niemand is perfek nie!