JOU DAG

Verwag die onverwagte vandag terwyl die maan met Uranus koppel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om ander mense soos jy te laat dink deur oortuigende argumente te gebruik. Die volgende 12 maande moet jy sensitiewer teenoor die gevoelens van sommige geliefdes wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme voel vandag geïrriteerd en ongeduldig terwyl die onvoorspelbare Uranus jou rustelose sy aanwakker. Wees veral versigtig wanneer jy bestuur, en vermy dit om dinge uit te blaker wat ander net sal ontstel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Bulle is gek oor hul betroubare roetines. Maar as jy vasgevang is in ’n ongemaklike groef, sal jy vandag daaruit geruk word aangesien dramatiese onderbrekings en algehele gekheid jou volmaak beplande dag gaan ontwrig.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Misleidings, en selfs wanopvattings, is ’n gevaar, veral by die werk of skool. Kyk jy deur ’n ál rooskleuriger bril na ’n professionele situasie? Stof tot nadenke vir vandag, Tweeling.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Verwag vandag ’n paar verrassings of onderbrekings terwyl die sterre dinge deurmekaarkrap. Met Mars en Saturnus wat albei agteruit deur jou werksone beweeg, vorder professionele projekte nie so vinnig soos wat jy graag wil hê nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy gaan waarskynlik vandag rusteloos voel, dus moet jy seker maak jy kanaliseer jou energie na produktiewe projekte. Wat ’n kind, tiener of vriend/in betref, kan jy dalk voel asof jy dieselfde dinge oor en oor doen.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie dat negatiewe gedagtes jou terughou nie, Maagd. Jy moet jou eie grootste ondersteuner wees. As jy nie in jouself glo nie, wie anders sal? ’n Persoonlike projek toon heelwat potensiaal.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale is normaalweg sulke vredeliewende siele. Maar jy kan jouself vandag in ’n warm onderonsie met iemand bevind aangesien jy heelwat vuriger, korter van draad en onvoorspelbaarder voel as gewoonlik.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Het jy die afgelope tyd gesukkel met ’n verhouding? Met Venus wat jou vrienskapsone besoek – tot 24 Mei – is dit miskien tyd om jou Skerpioen-trots te sluk en die olyftakkie van vrede uit te hou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Verbonde Boogskutters . . . Wanneer laas het jy jou maat vertel hoeveel jy omgee? Sommige enkellopendes sal aangetrokke voel tot ’n kollega of kliënt. Wie sê werk en romanse kan nie gemeng word nie?

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Met retro-Mercurius en retro-Saturnus wat in jou privaatheidsone is, is afsondering op die oomblik sielskos vir jou. Solo-aktiwiteite – soos meditasie, lees en skryf – sal geïrriteerdheid help verminder.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die maan/Uranus-verbinding verhoog vandag jou impulsiewe sy en maak jou vatbaarder as gewoonlik vir ongelukke. Vermy dit dus om haastig te raak, Waterdraer. Word kalmer, ontspan en verlaag jou spoed!

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Met Mars en Saturnus wat albei terugbeweeg deur jou beroepsone, moet jy nie enigiets op sigwaarde aanvaar nie. As jy probleme so ver moontlik wil uitskakel, gaan alles na en gaan dit dan weer na.