Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Wanneer Mercurius in trurat is, is dit tyd om ou projekte te hersien of af te stof.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy moet in 2017 sterk konsentreer op persoonlike verhoudings. Soos die Libanese digter Kahlil Gibran (1883-1931), wat onder Steenbok gebore is, geskryf het: “Sonder die liefde is die lewe soos ’n boom sonder bloeisels of vrugte.”

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Mercurius beweeg nog vyf dae agteruit; jy kan ander dus nou maklik verkeerd verstaan. As jy werklik na ander luister, sal dit misverstande help voorkom.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Mercurius beweeg agteruit deur jou diep en betekenisvolle sone; konsentreer op die behoeftes van jou geliefdes. En luister fyn; anders gaan verwarring ontstaan. Konsentrasie gee nou die deurslag.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Praatlustige Tweelinge hou van skinder, maar onderdruk die volgende vyf dae die neiging om geheime uit te lap. As iemand jou iets vertrouliks vertel het, moet jy seker maak jy hou jou mond.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Mercurius beweeg tot 8 Januarie in trurat deur jou werksone. Berei jou voor vir verwarrende boodskappe, misgeloopte afsprake of hope rekenaarprobleme. Streef daarna om ekstra geduldig te wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy moet oor die volgende vyf dae ekstra taktvol wees met ’n deurmekaar kind, tiener of vriend/in, anders gaan dit op ’n kommunikasiechaos uitloop wanneer julle mekaar se woorde, dade of bedoelings verkeerd verstaan.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Doen die volgende vyf dae jou bes om diplomaties te wees teenoor gesinslede, aangesien Mercurius tot 8 Januarie in trurat deur jou huishoudelike sone beweeg. Jou kritiek gaan beslis nie jou geliefdes beïndruk nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Wees die volgende vyf dae ekstra versigtig wanneer jy e-pos, SMS of twiet. Dit gaan baie maklik wees om iets aan die verkeerde mens te stuur of jou bedoeling kan heeltemal verkeerd verstaan word.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Geldsake gaan die volgende vyf dae bedrieglik wees omdat die retirerende Mercurius amok maak in jou geldsone. Weerstaan dus die drang om iets duurs te koop, selfs al is dit op uitverkoping.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Mercurius gaan tans in trurat deur jou teken. Jy kan dus ’n tydelike selfversekerdheidskrisis ondervind en aan jou talente of oordeel twyfel. Soek wyse gerusstelling by ’n geliefde wat jy vertrou.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Mercurius beweeg agteruit deur jou alleenheidsone. Dit is die ideale tyd om te hersien, herskou, terugskouing te doen en te herlaai. Peins ook oor waarheen jy op pad is . . . en waar jy was.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie alles glo wat jy vandag hoor nie of toelaat dat iemand jou op die breë weg na moeilikheid lei nie. Moet ook nie belangrike besluite neem nie; konsentreer liewer op kreatiewe of spirituele strewes.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Mercurius beweeg tans agteruit deur jou loopbaansone; verwag misverstande of ’n rekenaarchaos by die werk. Dis nie ’n geskikte tyd om aansoek te doen vir ’n ander pos nie. Wag tot ná 8 Januarie.

© Joanne Madeline Moore