JOU DAG

Hoe meer gefokus jy is, hoe gladder sal die dag verloop.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is opgewek en vermaaklik en het ’n wonderlike slag met woorde. 2016 is die jaar om te luister en by ’n spesiale onderwyser, mentor of vriend te leer.

RAM 21 Maart – 20 April

Vriendskappe word vandag begunstig en julle geniet mekaar se geselskap. Jy moet dinge egter goed oordink voor jy praat; jou eerste gedagte is nie noodwendig die beste een nie.

BUL 21 April – 21 Mei

Hoe meer georganiseerd jy is, hoe beter sal die dag verloop. En dit pas betroubare Bulle perfek. Dis tyd om te herbesin en te herlaai wat ’n frustrerende persoonlike kwessie betref.

TWEELING 22 Mei – 21 Junie

Jy is op jou besige beste en geniet produktiewe verhoudings. Dis ook ’n goeie tyd vir reis, studeer of ’n toespraak lewer. Weerstaan die versoeking om die buurt se nuuskierige agie te wees.

KREEF 22 Junie – 23 Julie

Omring jou met mense wat jou selfvertroue ’n hupstoot gee en jou drome aanmoedig. Moet egter nie by besprekings oor geld of politiek betrek word nie, want ’n misverstand kan insluip.

LEEU 24 Julie – 23 Aug

Dis tyd om positiewe bande te smee terwyl jy met ’n verskeidenheid mense kommunikeer. Stimulerende gesprekke en deeglike navorsing is die sleutel tot ’n aangename, produktiewe dag.

MAAGD 24 Aug – 23 Sep

Die veelsydige Maagd kan ’n besige dag verwag; hul slag om meer as een ding op ’n slag te doen sal gereeld benut word. Dis ’n goeie tyd om met kollegas te praat en goeie professionele besluite te neem.

WEEGSKAAL 24 Sep – 23 Okt

Alle soorte studie en navorsing word begunstig en jy gaan jou skerp verstand behoorlik inspan. ’n Kind, tiener of vriend het iets op die hart; maak dus seker jy luister.

SKERPIOEN 24 Okt – 22 Nov

Vat dinge vandag rustig. Gehaltetyd saam met familie en hegte vriende sal verhoudings stabiliseer en klaarspeel met moontlike probleme nog voor dit begin.

BOOGSKUTTER 23 Nov – 21 Des

Jy wil graag jou opinie lug, maar as jy nie duidelik kommunikeer nie, gaan mense jou verkeerd verstaan. Moenie meer belowe as wat jy werklik kan bied nie.

STEENBOK 22 Des – 20 Jan

Wat jy ook al doen, jy het langtermynplanne in gedagte. Moenie bang wees om in die middel van die proses van koers te verander as iets nie uitwerk nie. Mercurius moedig jou aan om aanpasbaar te wees.

WATERDRAER 21 Jan – 19 Feb

Moenie gevolgtrekkings maak nie. Maak seker jy het al die feite en syfers voor jy ’n besluit neem. As ’n probleem by die werk opduik, wees meer proaktief om ’n oplossing te vind.

VISSE 20 Feb – 20 Maart

Die son en Saturnus moedig jou aan om jou idees meer op die man af oor te dra. Ander gaan ongeduldig raak as jy dinge uitstel, so sê net wat jy op die hart het.