Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Streef daarna om onstabiele emosies te beheer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ongelooflik vindingryk. Moet egter nie ongeduldig wees en ander mense blameer vir vertragings nie. Jy is tans self die enigste mens wat jou daarvan weerhou om sukses te behaal.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy’s ’n heethoofdige Ram en stu voort met planne. Maar as jy te ongeduldig is, kan jy op die ou end koppe stamp met die mense rondom jou. Probeer liewer om ander met jou dapper idees te inspireer.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dinge gaan nie vandag volgens plan verloop nie, dus sal die dag op sy beste verloop as jy buigsaam is en oopkop bly. Bly dus aanpasbaar.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy kan ’n hele vertrek verlig met jou energie en kuddegeaardheid. Vandag is die ideale tyd om jou yslike geesdrif in vennootskappe of opwindende gesamentlike pogings te kanaliseer.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Krewe is goedhartig en meelewend, maar jy kan ook krenterig, broeiend en baasspelerig wees – veral tuis. Jy moet vandag die werk uitdeel terwyl julle die idees tot nut van almal saamsnoer.

LEEU, 24 JUL.-23 Aug.

Die son en Venus besoek albei die Leeu. En dit versterk jou ingebore kat-sjarme en lewenslus. Probeer om jou energie op positiewe maniere te gebruik deur middel van sport, stokperdjies of kreatiewe projekte.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Tans word minder dink en meer aksie vereis. Dit is lekker om die voor- en nadele teen mekaar op te weeg in jou gedagtes, maar daar kom ’n tyd wanneer jy moet optree. Vandag is een van daardie dae.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Vandag se sterre pas sosiale media en netwerkvorming met vriende, familie, kollegas en eendersdenkende mense in jou plaaslike gemeenskap. Jy het baie talente om aan te bied en kan ’n groot bydrae lewer.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy steek gewoonlik jou ware gevoelens weg uit vrees dat jy te veel van jouself sal onthul. Vandag is dit gepas om openhartig en op die man af te wees terwyl jy ’n ding sê presies soos hy is – veral wat geld of sake betref.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Vandag se sterre moedig spontaniteit aan en dit pas netjies in by jou Boogskutterstyl. Moet egter nie nou dinge oordoen nie. As jy te haastig is, kan jy dalk dinge uitlap waaroor jy later spyt sal wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke is oor die algemeen diskreet, maar iemand kan jou uitlok om inligting te deel wat stilgehou moet word. Weerstaan die drang – met ’n glimlag – om geheime en skinderpraatjies oor te dra.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Mars aktiveer jou netwerksone, dus is jy in ’n luim om met ander mense in aanraking te kom. Jy is gretig om met kreatiewe mense te kommunikeer en ’n eklektiese reeks onderwerpe te dek.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer om die balans te herstel tussen persoonlike verpligtings en professionele verantwoordelikhede. ’n Skielike besluit rakende werk of geld kan op die ou end ’n verbasend goeie ding wees.