JOU DAG

Jy is gretig om te sê wat jy dink, maar is ander mense gereed om daarna te luister?

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou voet by stuk, maar dit kan as hardkoppigheid beskou word. Maak vanjaar seker jy kan by jou veranderende omstandighede aanpas.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

As jy onnadenkend dinge kwytraak, sal jy ander mense net ontstel, veral familie en vriende. Vandag se sterre moedig jou aan om dinge goed te deurdink, minder te praat en heelwat meer waar te neem.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie die dag te veel vooruit beplan en reël nie. Heelwat gaan agter die skerms aan en omstandighede kan in ’n ommesientjie verander, dus moet jy jou bes probeer om ’n inskiklike en buigsame Bul te wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Groepaktiwiteite is vandag opwindend en onvoorspelbaar. Wees versigtig met wat jy sê – en aan wie jy dit sê. Geliefdes is in ’n bui om te vergewe, maar nie noodwendig om te vergeet nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy is gefokus op professionele projekte, maar moenie al jou eiers in een mandjie sit nie. Maak seker jy varieer jou belange, brei jou kontakte uit en hou jou opsies oop.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Innoverende denke sal jou vandag ver bring. As ’n probleem jou pla, moet jy die situasie uit verskillende hoeke beskou en spits dan jou aandag op die deel toe waar jy die meeste invloed kan uitoefen.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy is uitsonderlik krities. Vandag moet jy egter minder kritiseer en heelwat meer aanmoediging bied terwyl jy ’n kind, tiener of vriend steun. Maak liggaamlike fiksheid en buitemuurse bedrywighede ’n prioriteit.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Vandag sal goed verloop as jy verskeie take gelyk verrig en dinge ’n bietjie afwissel. ’n Geliefde of ’n sakevennoot kan jou met ’n verrassende skuif verstom. Die lewe sal nie saai wees nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Met die son, Mercurius en Uranus wat deur jou daaglikse werksone beweeg, moet jy daarna streef om jou gewone roetine ’n bietjie op te kikker. As ’n finansiële ooreenkoms nie vir jou werk nie, doen stappe om dit te verfyn en te hersien.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die fokus is vandag op vriendskap. Jy kommunikeer met jou vriende oor kwessies wat werklik saak maak. Waak daarteen om verbaal bakleierig te raak met ’n kollega of gesinslid.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dit gaan voel asof jy in verskillende rigtings getrek word omdat persoonlike projekte en gesinsverpligtings oor jou beperkte tyd baklei. As jy gefokus en buigsaam is, sal jy op ’n produktiewe wyse deur die dag kom.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dink voor jy praat. Woorde het vandag die mag om seer te maak of te genees; gebruik dit dus wys. As jy aan die ontvangkant van kritiese kommentaar is, probeer om nie die situasie persoonlik op te neem nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Baie Visse is haastig om dinge op te klits, veral wat ’n finansiële situasie betref. Maar as jy ’n blitsbesluit neem, kan jy dalk van die wal in die sloot beland.