JOU DAG

Die Oujaarsaand-vierings sal vol pret wees en die kos sal fantasties wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Kry in 2016 die balans reg tussen jou professionele en persoonlike lewe¬¬. Vervang frustrerende konfrontasie met koel samewerking.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Met drie planete wat deur jou reputasiesone beweeg, sal jy vanaand in die kollig wees. Dalk maak jy ’n toespraak of dra ’n kledingstuk wat jou tussen almal laat uitstaan.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy is in die bui vir vierings terwyl die maan jou vermaaksone aktiveer. Helder ligte, harde musiek, baie mense, partytjies en dans – maak gereed vir ’n wonderlike Oujaarsaand!

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jou huis is waar jou hart is! Die maan is in jou huishoudelike sone en dus sal party Tweelinge ’n Oujaarsaand-partytjie hou terwyl ander ’n rustige aand tuis saam met familie en goeie vriende deurbring.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Oujaarsaand is gewoonlik ’n emosionele tyd vir sentimentele Krewe en jy kyk terug na jou suksesse en mislukkings die afgelope jaar. Kalmeer, vat dinge rustig en moenie te veel drink nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Baie Leeus sal ’n Oujaarsaand-partytjie hou of ’n gas wees by ’n familielid se partytjie. Hoe ook al, die fokus is op familie terwyl julle jul drome en wense vir 2016 met mekaar deel.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die maan aktiveer jou teken en jy voel vanaand verrassend lewendig en lawaaierig. Jy kan almal met jou laataandbewegings op die dansvloer verras. Gryp die geleentheid aan, Maagd!

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Met dinamiese Mars wat deur jou teken beweeg is die Weegskaal in die bui om lank en hard partytjie te hou. Stof jou dansskoene af, glip jou gunsteling-partytjieklere aan en stel die musiek hard!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Sentimentele Skerpioene kan op Oujaarsaand ’n bietjie tranerig word wanneer hulle kyk na die hoogte- en laagtepunte van die jaar wat verby is. Vanaand sal die trane van vreugde die trane van hartseer by verre oorskadu.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die sosiale Boogskutter floreer op opwinding en haat dit wanneer die lewe te voorspelbaar en eentonig is. Vanaand sal beslis nie vervelig wees nie, want die sterre vuur die partytjie aan.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Vanaand beloof om prettig en fantasties te wees. Julle sal tot in die vroeë oggendure aanhou kuier. Vat dit kalm, Steenbok. Bly geanker en moenie toelaat dat spanning en bekommernis jou Oujaarsvierige bederf nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie vanaand te veel probeer doen nie. Jy het goeie sterre vir ’n stil Oujaarsaand saam met ’n paar uitgesoekte familielede en vriende. As jy dit kalm vat, sal dit ’n wonderlike aand wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

As jy in ’n verhouding is, sal jy dit geniet om die nuwe jaar saam met jou maat in te gaan. Vir enkellopende Visse wag liefde in jou buurt – maak dus seker jy is vanaand by die partytjies in die omgewing.