aries-hg-w

JOU DAG

Die Jupiter/Pluto-vierkant gaan vandag ’n bietjie wrywing veroorsaak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is energiek en het visie. In 2017 sal jy die balans moet regkry tussen passievol geesdriftig en kragtig produktief wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die kragtige Jupiter/Pluto-vierkant vuur jou behoefte na mag en sukses in die buitewêreld aan. Maar moenie dit oordoen en op die ou end gesagsfigure en/of geliefdes in die proses vervreem nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Klou jy hardkoppig vas aan ou denkwyses, asof jou stuuroutomaat aan is? Dit is tyd om voorafbepaalde idees opsy te skuif en jou opvattings in ’n volwasse en filosofiese nuwe lig te ondersoek.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Probeer jy ’n morsige situasie red? Jy kan effense weerstand van ander mense verwag – veral ’n kind, maat of vriend. ’n Kitsoplossing gaan bloot nie werk nie. Gebruik jou tyd om dinge behoorlik te deurdink.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Wat ’n sensitiewe verhoudingsprobleem betref, geld die reël: Hoe meer jy ander mense probeer beheer, hoe meer gaan hulle terug byt. Beskou jou motiewe dus lank en aandagtig. Is jy nie miskien die pad byster nie?

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Aanmatiging, trots en te veel selfvertroue kom dikwels tot ’n harde val. Veral as Jupiter en Pluto in ’n vierkantige posisie gaan lê. Jy sal dus moet oefen om vandag super nederig te wees, anders gaan jy jou rieme styfloop.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jupiter en Pluto plaas geldsake of selfbeeldkwessies vandag onder die vergrootglas. Jy kan dalk dink jy verbeter die situasie. Mense rondom jou stem moontlik nie met jou metodes saam nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Is jou perfeksionistiese streep buite beheer? Hoe meer jy vandag probeer om alles ‘volmaak’ te kry, hoe meer teenkanting gaan jy van ander mense ontlok. Jy sal op die metode, eerder as op die resultaat, moet fokus.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wees vandag versigtig met alle vorme van kommunikasie. Veral in die sosiale media. Anders kan jy dalk ’n negatiewe reaksie van ’n verborge vyand of ’n bekende rugsteker-vriend ontlok.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is onder die invloed van die Jupiter/Pluto-vierkant en kan dalk vandag meegevoer raak. ’n Neiging bestaan om die wêreld te beloof en dan te min te lewer. Of om jou begroting in sy kanon te stuur met ’n kooplopie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Pasop dat die Jupiter/Pluto-vierkant nie jou Steenbok-beheersugneigings vandag aanblaas nie. Ondersoek jou motiewe versigtig. En onthou, die enigste mens wat jy beheer, is jouself.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Doen alles vandag volgens die boek. Die huidige Jupiter/Pluto-vierkant kan ’n huidige wetlike situasie vererger, of tot een in die toekoms lei. Sorg dat jy aan die regte kant van die wet bly.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

As jy probeer om ander mense te help (persoonlik of aanlyn), maak seker hulle wil wel jou hulp hê voor jy begin. Anders gaan jy net die martelaar word in ’n taamlik morsige situasie.

Kopiereg. Joanne Madeline Moore 2017