JOU DAG

Energie, opwinding en geesdrif loop vandag hoog.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou geboorte op die sterreteken se dag van motivering, kry jy graag dinge gedoen. Die beste maand vir liefde en romanse is Oktober; beplan dus solank iets spesiaals.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Voel jy of jy watertrap of selfs agteruit beweeg? Dankie tog dat die heersende Mars eindelik vorentoe beweeg, dus sal jy meer positief en proaktief begin voel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Verbonde Bulle, zoem vandag in op die behoeftes en wense van jou maat. Enkellopende Bulle, jou kanse om jou lewensmaat op te spoor, is beter as jy proaktief en kreatief is en jou net wyd uitgooi.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jou geesdrif oor roetine-dagtakies word aangespoor deur Mars wat vorentoe beweeg en jou energie- en motiveringsvlakke opstoot. Dit is tyd om dinge aan die gang te kry, by die werk en tuis.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy is gretig om vandag ander mense te help, te steun en te vermaak, veral kinders, tieners of intieme vriende. En hulle sal positief reageer op jou goeie bui en houding van dit-kan-gedoen-word.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Het ’n gesinsverhouding ’n bietjie agteruitgegaan? Die sterre moedig jou aan om weer brûe te bou en kommunikasie te herstel. Jy sal egter proaktief moet wees en die eerste skuif moet maak.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Vandag is die sleutelwoord kommunikasie. Hoe meer openlik jy jou gedagtes en gevoelens uitdruk, hoe meer sal ander op ’n positiewe en proaktiewe wyse reageer. Groepaktiwiteite word bevoordeel.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die magtige Mars beweeg vorentoe in jou geldsone, maar moenie jou toekomsmoontlikhede bederf deur roekeloos te wees met kontant nie. Neem dinge stadig en dink versigtig voor jy enige duur aankope doen.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mars hou eindelik op om agteruit te beweeg deur jou teken, dus is dit tyd om jou norsheid – ’n Skerpioen-kenmerk – te laat staan en proaktief te wees. Dit sal ’n goeie begin wees om ’n ingewikkelde persoonlike probleem uit te stryk.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Streef daarna om die balans reg te stel tussen peinsend en proaktief wees. As jy op ’n stil en nadenkende manier deur dinge werk, sal jy weet wat om te doen en dan tot optrede oorgaan.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dis tyd om vooruit te beplan en doelwitte te stel met die groter prentjie in gedagte. Klein dramatjies en geringe irritasies sal op die agtergrond wegkwyn terwyl jy met ekstra geesdrif en motivering na die toekoms kyk.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Mars beweeg eindelik vorentoe in jou beroepsone, dus behoort professionele en sakegeleenthede te verbeter. Werk met manlike kollegas, kopers en kliënte behoort veral gunstig te verloop.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Mars beweeg nou vorentoe, wat jou geesdrif vergroot en jou aan die gang kry en dit aktiveer jou avontuurlustige sy. Dis die ideale tyd vir Visse om positief op te tree.