JOU DAG

Vandag se sterre bevoordeel intellektuele gesprekke, ywerige navorsingswerk en die openbaarmaking van geheime.

AS JY VANDAG VERJAAR

Matigheid is die sleutel tot ’n gelukkige en suksesvolle 2017. Ruim tyd in om te ontspan en af te wen, anders gaan jy op die ou end hoogs gespanne wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Daar gaan vandag hope geleenthede wees om verblydende vooruitgang te maak met geldsake, werk of sakepraktyke. Jy sal vind dat, hoe meer strategies jy is op ’n professionele wyse, hoe meer suksesvol sal die dag wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Het jy ’n problem wat jou heeltemal verwar? Dis ’n goeie dag om dinge uit te praat tot hulle behoorlik uitgestryk is. Stadig, slim en standvastig wen op hierdie oomblik die resies, Bul!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Tweelinge het dikwels oppervlakkige kennis van ’n aantal verskillende dinge. Die positiewe Mercurius/Pluto-aspekte moedig jou vandag aan om op ’n ernstige, diep en uitgebreide manier in een onderwerp te delf.

KREEF,22 Jun.-23 Jul.

Alle soorte gefokusde en intensie studie word vandag vir jou bevoordeel.

Met dié dat die Maan inloer by jou welstandsone, moet jy jouself koester met jou gunsteling gesonde happies.

LEEU, 24 Jul.- 23 Aug.

Moenie maak asof jy al die wysheid in pag het nie. Wat ’n problem by die werk of ’n verhoudingsprobleem betref, is sake baie meer ingewikkeld as wat dit voorkom. Dit sal dus ’n ruk duur voor jy agter die kap van die byl kan kom.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Ruim ’n bietjie gehaltetyd in sodat jy ’n diepliggende nuwe insig met ’n geliefde kan deel. En, hoe meer onverdeelde aandag jy vandag aan gesinslede gee, hoe beter gaan jy voel, Maagd.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

As jy ooit belanggestel het in jou voorsate en familiegeskiedenis, gaan die komende paar weke jou nuuskierigheid selfs meer prikkel. Dalk is dit hoog tyd dat jy vlugtig terugloer in die verlede?

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die sterre bevoordeel vandag intense kommunikasie met ander terwyl julle betekenisvolle gesprekke voer en diep insigte deel. En dis presies wat Skerpioene graag doen!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Uitstekende Mercurius/Pluto-aspekte voorspel ’n stimulerende dag – wat die gees sowel as vlees betref. Gaan dus uit, Boogskutter, en laat dinge gebeur! Pasop net dat jy nie roekeloos raak met geld nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Alle soorte kommunikasie verloop vandag vlot terwyl jy met ’n wye verskeidenheid familielede, vriende en kennisse kommunikeer. Moet net nie inligting op sigwaarde aanvaar nie; ondersoek dit eers goed.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Gulde sakegeleenthede is oral om jou, veral as jy werksaam is in velde soos kommunikasie, rekenaars, die media of vervoer. Maar moenie vandag belangrike besonderhede miskyk nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die beste werktuig vir navorsing wat jy vandag kan inspan, is die internet, plaaslike vriende en internasionale verbindings. Met al drie aan jou kant kan jy die doenlysie afmerk en met gemak deur projekte stoom.

© Joanne Madeline Moore