JOU DAG

Wat liefde en romanse betref, moedig die sterre impulsiwiteit aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dol daaroor om jou kreatief uit te druk, maar jy kan soms onrealisties wees oor spertye. Julie en Augustus is die beste maande vir volop liefde en romanse.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Spits jou daarop toe om jou avontuurlike drome vandag terug aarde toe te bring. As jy idealistiese idees met ’n raakvatter-benadering kan kombineer, sal jy verblydende en goeie vordering maak.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Voel jy verskeur tussen ’n geliefde meer vryheid gun en om jou geliefde vas te hou? Jy moet hulle toelaat om hul eie gang te gaan . . . om besitlik te wees, sal hulle net vir altyd wegdryf.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Vandag se spontane sterre verhoog jou rustelose sy en jou onafhanklike streep. Reis en kommunikasie word bevoordeel, Tweeling, terwyl jy kontak maak met vriende naby jou en ver van jou af.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Pasop dat los praatjies en beuselagtighede nie jou aandag aflei van opwindende groot ontwikkelings wat by die werk aan die broei is nie. Jy moet jou fokus en aandag op die toekoms gerig hou.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

’n Ou verhouding kry ’n welkome hupstoot op ’n verbasend genotvolle manier. Maar moenie vandag ’n groot besluit oor geldsake neem nie. Jy sien dinge nie duidelik nie; dus moet jy wag tot die tyd meer geleë is.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie in ’n groef vasval nie. Skop lewe in jou daaglikse roetine. En is jy verward oor ’n vriendskap of romantiese verhouding? As jy daaroor slaap, sal jy die volgende oggend meer duidelikheid hê.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Verwag ’n gesellige dag as jy kontak maak met uiteenlopende mense. Met Venus en Uranus wat jou verhoudings- en romanse-sones aktiveer, is sommige Weegskale bestem om verlief te raak met die eerste oogopslag.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Daar kan ’n paar verrassings op Skerpioene tuis of by die werk wag, aangesien ’n kollega of familielid ’n onvoorspelbare skuif doen. Buigsaamheid gee die deurslag vir ’n gelukkige en spanninglose dag.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Vandag se haastige sterre bevoordeel die blitsige afhandeling van take, terwyl jy verskeie dinge gelyk doen soos ’n professionele persoon: sport beoefen, reis, aanlyn plasings doen of die wêreld aan die brand praat. Maar moenie net praat nie; doen ook iets.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Wat sakevoorstelle of geldsake betref, moet jy die situasie uit ’n nuwe oogpunt beskou. As jy jou verhouding met ’n familielid wil verbeter, gun hulle meer vryheid.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Gebruik jou talente en gee uitdrukking aan jou unieke geaardheid. Kyk na beroemde Waterdraer-rolmodelle, soos Mozart, James Dean, Bob Marley en Yoko Ono, as jy inspirasie soek.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Is jy in ’n geldelike verknorsing? Moenie jou kop in die sand steek nie! Bedink maniere om uitgawes te beperk en gebruik dan jou verbeelding om met kreatiewe idees vorendag te kom wat jou kontantvloei kan verbeter.