JOU DAG

Jy kan ’n spanningsvolle en ietwat verwarrende dag verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Weerstaan die begeerte om geheimsinnig te wees. Hoe meer jy take delegeer en ander aanmoedig, hoe meer sal jou verhoudings blom en groei.

RAM 21Mrt.-20 Apr.

Jy sal dalk vandag jou natuurlike entoesiasme in toom moet hou, want dit vereis meer as begeestering om projekte aan die gang te hou. Die sterre moedig jou aan om skouer aan die wiel te sit en take af te handel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

’n Verhouding met ’n kind, tiener of vriend kan vandag ingewikkeld of spanningsvol word wanneer jy aan ekstra eise moet voldoen. Probeer om sake prakties en georganiseerd te hanteer.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Verwarring oor ’n werkskwessie of gesinsaak is vandag moontlik. Probeer om terug te staan en die huidige situasie met ’n breër en varser perspektief te beskou.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie bekommerd wees as dit lyk of ander afsydig, ontnugter of oorkrities is nie. Jou naby verhoudings is in ’n vloeibare staat en jy sal by die veranderinge moet kan aanpas.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is lus om persoonlike projekte aan te pak waaroor jy passievol is. Moenie veel insae van ander verwag nie – hulle het hul eie komplekse kwessies en probleme om te hanteer.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Ondervind jy probleme met ’n gesinslid? Hoe meer jy kommunikeer en saamwerk, hoe positiewer sal die verhouding wees. Jy sal die eerste tree moet gee.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Maak seker jy het die regte feite wanneer jy vandag met ander praat, anders kan jy aannames maak wat ’n geliefde ontstel. Moenie huiwer om weer seker te maak as jy twyfel nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie alles glo wat ’n kind, tiener of vriend vandag vir jou sê nie. Dit beteken nie hulle jok doelbewus nie, maar dis dalk net die helfte van die storie. Kyk ’n bietjie dieper.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met Venus en Mars albei in jou netwerksone moet jy kyk hoe jy sosisale media kan inspan om op meer kreatiewe en proaktiewe maniere interaksie met vriende, kollegas en kliënte te hê.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Duidelike kommunikasie is die geheim vir ’n suksesvolle dag. As jy te saaklik met geliefdes is, kan hulle aanstoot neem. Probeer om jou persoonlike en professionele lewe apart te hou.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Vat dit stadiger en stel jouself van vooraf in. Dis tyd om op ’n naby vriendskap te fokus, ’n intieme verhouding te herwaardeer, die verlede te onthou, oor die hede na te dink of te bepaal wat jou toekomsverwagtinge is.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Naby verhoudings sal vandag ingewikkeld wees en jy sal maklik iemand se woorde of optrede verkeerd verstaan. Wees attent daaroop dat jou persepsies oor ’n situasie verkeerd kan wees.