JOU DAG
Strewe daarna om selfstandig te wees, terwyl Saturnus die toon van emosies dwarsboom.

AS JY VANDAG VERJAAR
Met jou selfversekerdheid en doelgerigdheid maak jy graag nuwe uitdagings deel van jou lewe. Januarie en Februarie is die beste maande vir romanse, liefde, partytjies, verlowings en troues.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Jy is in die bui om veranderings aan te bring. Maar is ander mense gereed vir jou ambisieuse Ram-idees? Oorlegpleging en aandag aan detail gaan jou veel verder bring as afskeepwerk.

BUL, 21 Apr.-21 Mei
Jy kan geweldig eng wees met jou menings en houdings en dit kan ander mense  afsit. Soos die dag vorder, moet jy die versoeking weerstaan om vas te skop en ’n hardkoppige Bul te wees. Probeer meer buigsaam wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
As jy vandag gedissiplineerd en gemotiveerd bly, sal jy vinnig deur die doenlysie vorder. Jy gaan boonop nog heelwat tyd oorhê om ’n geliefde wat jou praktiese bystand nodig het, te help.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Jy wil graag vooruit beweeg, maar maak seker dat jy al die werklikheidstoetse gedoen het – veral wat werk betref. En probeer jou bes om jou begroting te laat klop voor jy kontant begin rondstrooi.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Moenie agteroor buig om ander mense te beïndruk nie; wees net jouself. Soos Coco Chanel – ’n mede-Leeu – verklaar het: “Van hoeveel sorge raak ’n mens nie ontslae as jy besluit om eerder iets te wees as iemand nie.”

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Daar is nog so baie dinge om tuis te doen, so kom aan die gang, Maagd! As sake gespanne was met ’n sekere lid van die gesin, is dit nou die tyd om ’n paar ernstige toegewings te maak. Wees ook ekstra geduldig.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Jy kan mag dalk betower word deur uiterlike skoonheid, maar moenie vandag deur glansryke voorkomste mislei word nie, Weegskaal. Kyk dieper om iets of iemand se ware blywende waarde te beoordeel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Dit is tyd om sake te doen en finansiële kontakte te maak, terwyl die Maan en Saturnus jou help om te fokus op geldsake. Jy beskik oor ’n strategiese Skerpioen-sakebrein, so maak seker dat jy hom gebruik.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
As jy ’n persoonlike probleem het wat opgelos moet word, moenie ’n kitsoplossing soek nie. Krap liewer dieper in die kwessie om ’n bevredigende antwoord te kry, en besef dan dat jy nie almal kan tevrede stel nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Moenie vandag alte sakegerig met ander mense raak nie, aangesien dit hulle dalk kan ontstel. Probeer eerder om professioneel wees met persoonlike aanvoeling te balanseer. Die leuse is:
Luister fyn na wat ander mense werklik probeer sê.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 
As jy met geldprobleme sit, dink aan kreatiewe maniere om jou inkomste ’n hupstoot te gee en jou kontantvloei te verhoog. Kry ook ’n vriend wat finansieel kundig is of kollega met wie jy oorleg kan pleeg.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Hou by die werklikheid, Vis! As jy die skeidslyn tussen feit en fiksie miskyk, gaan jou dag lank en verwarrend raak. Die verstandige Saturnus moedig jou aan om jou bes te probeer om jou voete stewig op die aarde te hou.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017