JOU DAG

Dis ’n puik dag om ’n hardkoppige probleem op te los.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou intense en uitsonderlike vermoëndheid, druk jy jouself graag uit. Moenie dat moontlike terugslae jou in die komende jaar ontmoedig nie. Laat jou unieke talente floreer.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

’n Onverskillige benadering gaan nie vandag werk nie! Niks kan vergoed vir deeglike navorsing en aandag aan fyn detail terwyl jy met ekstra fokus en voortreflikheid voortstoom deur roetinetake nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Waar ’n kwessie met ’n kind of ouer ter sprake is, laat jou intuïsie jou na ’n bevredigende oplossing lei. ’n Intieme vriend wil graag gesels; ruim dus tyd in om na sy probleme te luister.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die Maan kom in kontak met Mercurius; dus is jy in ’n bui om gevoelens te verwoord. Motivering en selfvertroue loop ook hoog terwyl jy vandag die meeste put uit voordelige planetêre aspekte.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy gaan vandag lus kry om georganiseer te raak en jou eie raad te volg, vry van ekstra verantwoordelikhede en irriterende beperkings. Jou kommunikasiesone is geaktiveer terwyl jy stories met ander mense uitruil.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Selfbeeldkwessies kan vandag opduik terwyl jy tydelik jou innerlike waardes en gevoel van selfwaarde bevraagteken. Onthou – jy is ’n geliefde Leeu vir wie jy is, nie wat jy doen nie!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Pligsgetroue Maagd – ’n verstandige, gestruktureerde en versigtige benadering is die beste manier om die beste te haal uit vandag se voordelige planetêre aspekte. Moet net nie vergeet om tussendeur ’n bietjie pret te hê nie!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy is vandag in die bui vir ernstige gesprekke terwyl jy werk- of persoonlike uitdagings bespreek met iemand wat ouer of wyser is as jy. ’n Gedeelde probleem is ’n halwe probleem.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Met dié dat Venus jou teken besoek – tot 18 Oktober – skyn Skerpioene helder. Jy is vandag in die bui om jouself uit te druk en ander mense sal bewustelik luister na wat jy op die hart het.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Vandag gaan kunsmatighede net nie werk nie, Boogskutter! ’n Huidige probleem – tuis of by die werk –’n forensiese en gefokusde benadering vereis terwyl jy die werklike oorsaak bepaal.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die planetêre patrone moedig jou aan om dinge te ondersoek en te ontleed voor hulle die Steenbok-stempel van goedkeuring ontvang. Wees dus proaktief terwyl jy huidige uitdagings aanpak en deur projekte voortstoom.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dit is ’n puik dag om navorsing te doen terwyl jy jou gedagtes toespits om ’n raaisel of langdurige probleem op te los. Maak ook seker dat jy ’n bietjie alleentyd inruim om af te wen en te ontspan.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Ervaar jy ’n probleem met ’n geliefde? Die Maan en Mercurius koppel met mekaar in jou verhoudingsone. Dit is dus ’n goeie dag om in te skakel op hoe hy/sy voel en sake dan uit te praat.

© Joanne Madeline Moore