JOU DAG

Vandag se sterre moedig jou aan om hard te werk en gedissiplineerd te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy voel baie aangetrokke tot nuwe idees. Maart en April volgende jaar is die beste maande om verlief te raak, verloof te raak, te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie dat jou entoesisame vir ’n nuwe projek groter wees as jou vermoë om dit gedoen te kry nie. As jy meer belowe as wat jy kan doen, sal ander teleurgesteld voel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Moenie vandag in ’n negatiewe denkwyse verval nie. Wees georganiseerd en deeglik in jou werk en bespreek kwessies behoorlik met kollegas. Moenie oorhaastig wees nie – vat jou tyd.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dit kan vandag moeilik wees om ’n verbintenis met geliefdes te voel, want Saturnus verhinder kommunikasie. Dink goed na oor sake anders kan jy dalk iets sê waaroor jy later spyt sal wees.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

’n Verhouding met ’n kollega of vriend kan getoets word. Moenie kontroversieel optree nie. As jy kalm bly en dink voor jy praat, sal probleme gou opgelos word.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dis ’n resep vir ’n ramp om die eerste ding te sê wat in jou kop opkom, veral wat ’n kind, tiener of vriend betref. Dis die veiligste en verstandigste om ’n strategiese benadering te volg.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy sal vandag gou die tekortkomings in ander se planne sien. As jy hulle te veel kritiseer, sal jy uitgesluit word. Probeer ’n balans tussen konstruktiewe kritiek en bemoediging.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Stil meditasie, oordenking of ontspanning sal jou goed pas en is presies wat die dokter sou voorskryf. Maak seker jy het al die nodige navorsing gedoen wat ’n werkskwessie betref.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy voel dalk vandag asof jy op moedverloor se vlakte is met probleme wat kort ná mekaar om jou ophoop. Moenie bekommerd wees nie, dis ’n verbygaande fase. Jy sal gou weer op jou beste wees!

BOOSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Saturnus beweeg stadig deur jou teken tot 2017 en dit moedig jou aan om selfkrities te wees. Moenie dit oordoen nie. Daar is ’n fyn lyn tussen selfondersoek en selfkastyding.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jou brein is vandag skerp en die sterre help jou om projekte vinnig af te handel en papierwerk te organiseer. Probeer om nie te saaklik met geliefdes te wees nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die lewe lyk vandag ingewikkeld omdat veranderende omstandighede jou drome verhinder of uitdaag. Dit is dalk nodig om jou toekomsdrome te herstruktureer.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die fokus is op huishoudelike sake. Dit is dus ’n goeie tyd om takies in die huis af te handel en dinge reg te maak. Probeer om die balans tussen professionele projekte en gesinsverantwoordelikhede reg te kry.